top of page

DIE GROOT TREK DEEL 1


Die Groot Trek het n geweldige belangrike rol gespeel in die geskiedenis van die Boerevolk. Nou wat was die oorsake van die Groot Trek gewees en waarom het dit gelei na die besluit om die Binneland in te trek oor die Groot Rivier?


Eerstens het ons te doen met die Grens Oorloë sedert die 1770's en daarna by die Vis Rivier en Kei Rivier. Wat was die oorsake van die Grens Oorloë? Anders was wat ons vandag wysgemaak word deur Liberale Aktiviste en sogenaamde Geskiedkundiges wat ons Boervolk hier swart smeer gebaseer op die gekookte verslae van ene berigte sogenaamde Sendeling, John Philip. Hierdie man het valse stories teen die Grens Boere gemaak en beskuldig van misdaad en tog word hy vereer as n groot Sendeling!!! Hy is die een gewees wat begin het dat ons Boer Volk die grond van swartes af gesteel het en ons beskuldig het van die grens oorloë. Maar hy het geen evangelie verkondig nie. Goeweneurs ssos John Cradock en latere Benjamin D'Urban en ook Lord Charles Summerset het John Philip se stories weerlê. Maar tog het hy sy vriende in die Britse Parlement en Filantrope gehad wat sy stories versprei het met die hulp van die eerste Hofstroom Media om die Boer Volk verder swart te smeer.


Die Grens Boere was daarvan beskuldig gewees dat hulle hul bediendes en die Xhosas soos diere behandel het en geteister het dat selfs regters gestuur was deur Engelse Goeweneurs wat bevind het dat John Philip se stories vals is. Eerder dit was die Xhosas wat die Boere geteister het, vee beroof het en plase afgebrand het en Blankes vermoor het, met die goed keuring van die Filantrope onder leiding van John Philip. Elkekeer sodra die Engelse Kaapse Goeweneur na elke Grens Oorlog gestel het wat duidelike grense daar gestel het en Xhosas verbied het om te oorkruis, het John Philip en sy Filantrope weer dei Goeweneurs beskinner by die Britse Parlement wat die goeweneurs herroep het tot hulle Napier daar gehad het.


Tweedens was die onderdrukking van Hollands in die Kaap gewees ter wille van engels, die verengelsing van die Boervolk. Derdens die gelykstelling van die verskillende kulture ter wille van Multi-Kulturealisme waar die Christelike Geloof gelyk gestel was met ander gelowe, ook weereens John Philp se invloed. Die Grens probleme van die Xhosa se kant af het vermeerder te danke aan John Philip se leuens dat ons nie meer veilig was nie en ook nie die vee nie.


Dus dat die Grensboere aan die Oos Kaap besluit het om die Binneland in te trek. Ook die Slagtersnek opstand was vir die Boere die laaste strooi gewees, juis omdat Andries Stockenstrom die Boere veraai het en Hendrik Frederick Prinsloo en ene Bezuidenhout laat hang het om sy stempel af te druk. Henry Somerset het aan die Boere se kant gestaan en in die bres vir hulle getree terwyl Andries Stockenstrom eerder John Philip gesteun het en die Boere swart gesmeer het met leuens. vir die wat wil weet waar die leuens van Boere wat swarte se grond gesteel het, kyk na John Philip, Andries Stockenstrom, die groot sending held David Livingston hulle en Moffat ook. Hulle het die leuens opgemaak dat ons grond van swartes af gesteel het sonder bewyse. Hulle droom van die Nuwe Suid Afrika is bewaarheid. Ook het hulle nooit die evangeleie aan die Swartes verkondig soos dit vandag aan ons vertel word nie, maar eerder Liberale teologie verkondig. Van die Swartes wat ek ken het vir my gesê dat hulle belieg was deur die sendelinge van die London se Sending genootskap en dat hulle eers later die hele Bybel ontdek het. Die Londonse Sending Genootskap was n bedrog spul gewees.


Alles was faktore wat bygedra het wat gelei het tot die Groot Trek. Verkenners was ingestuur om die Binneland te verken, eers die Karoo en Boesmanland Gebied, die ander wat Natla verken het en n groep wat die gebied noord van die Oranje Rivier in die Oranje Vrystaatse en Transvaalse gebiede verken het, vanwaar daar toe besluit is in watter rigting die Voortrekkers sal trek. Sal in die volgende deel uiteensit van hoe die voorbereidings plaas gevind het.

59 views0 comments
bottom of page