Ek wil iets hierop stel waar ons baie verwar was. Ons praat baie van kerk. Maar is die vertaling korrek? Die antwoord is nee. Waar kom die woord kerk van daan? Die woord kerk kom van die Keltiese woord circe wat beteken vergader plek of gebou van paganistiese godsdiense in n sirkel. Deur die manipulasie van die ekumeniese rade wat die Heilige Gees vervan het en die Latynse Vulgaat wat die kerk sisteme en stukture in gewerk het om mense in gevange te hou. Die denominasies word ook op presies die selfde wyses georgniseer om beheer te kan behou oor die mense. Maar is dit die wil van die Here? Die antwoord is nee.
Wat is die Griekse woord wat Christus gebruik in Mattheus 16 en wat die apostels gebruik> Die Griekse woord is ekklesia, wat saam gestel is van twee Griekse woorde, naamlik ek wat beteken uit en klesia wat beteken geropendes. Ons vat die gedeelte van Mattheus 16:15 - 20.:
15 Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? 16 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. 17 Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. 18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. 19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. 20 Daarop het Hy sy dissipels bevel gegee dat hulle vir niemand moes sê dat Hy Jesus die Christus is nie.
Nou kom ons kyk na wat dit se. Petrus belie wie Jesus is. Wat se Jesus vir Petrus? Salig is jy Simon Bar Jona, want vlees en Bloed het dit nie openbaar aan jou nie, maar is aan jou geopenbaar aan jou deur My Vader wat in die Hemel is. Dus Die Vader het dit aan Petrus deur Sy Gees geopenbaar dat Jesus / Yeshua die Seun van God is en die Messias is. Dit kan op geen ander manier kom nie. Dit kom nie deur jou pastoor of dominie nie, maar slegs deur openbaring. Hoeveel gelowiges het die openbaring van wie Jesus is? Baie min omdat te veel afhanklik is aan hul predikers. Die openbaring kom deur die Heilige Gees van wie die Messias is, wat of lei na ons bekering na Christus of verwerping van die Seun van God. Beteken dit dat ons nie iemand nodig het om die evangelie te verkondig nie? Die antwoord is nee. Die Here kan ons na hom kry deur Sy Gees of direk of deur n ware dienskneg van die Here wat die volle raad van God verkondig.
Tweedens se Jesus aan Petrus, Jy is Petrus en op hierdie rots sal ek my uit geropendes bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Nou kom ons kyk nader. Baie leer in die Kerk dat die naam Petrus beteken rots en dat dit op Petrus gebou is. Dit is blootweg vals. Jesus het vir Petrus gese, jy is Petrus, naamlik die Griekse woord petros wat beteken klippie, en op hierdie rots, Griekse woord Petra wat beteken rots, Engels bedrock sal ek My uit geroependes bou. Nou wat is hierdie rosts? Dierdie rots is die openbaring van wie die Messias is en dus nie Petrus nie. Die Uitgeroependes is dus nie gebou op Petrus nie maar op die openbaring van wie die Messias is, naamlik Jesus / Yeshua wat dus ook die Seun van God is. Die doderyk sal dit nie kan oorweldig nie. Maar die die Katolieke het dit so verdraai deur te se dat Jesus verwys na die Kerk (circe) plek of gebou van paganistiese aanbidding en dit op Petrus gebou is om sodoende die pousdom te skep, naamlik die Pontifix Maximus, ook die titel van Gaius Germanikus Julius Caesar of te wel Julius Caesar. Die woord Pous kom van Latyns papa wat beteken vader, dit terwyl Jesus gese het dat ons niemand hier op die aarder ons vader moet laat noem nie want ons het een Vader wat in die Hemel is. Die Petrus figuur van die Rooms Katolieke kom van Zeus af waar die afbeelding van Zeus verander is na die afbeelding van Petrus.
Ek gee jou die sleutels van die hemel, wat jy ook al bind op die aarde sal gebind wees in die hemel en wat jy ookal losmaak op die aarde sal losgemaak word in die Hemel. Ook dit is verdraai om die Pousdom te bou. Ook dit is vals, want in die ander Evangelie sien ons dat dit verwys na die gelowiges. Die sleutels waarna Jesus verwys is naamlik gebed en die Bybel. Naamlik dat ons juis moet kyk na wat die wil van die Here is naamlik die Bybel te lees en te bestudeer. Dit is waar ons die woord van die Here moet toepas om ons kulture te beinvloed. Nie die name it and claim it dwaal leer nie, maar om die kulture te konfronteer deur die verkondiging van die volle raad van God soos dit in Sy geskrewe woord opgeteken is. Ons is uitgeroep uit sonde uit nie om weer in sonde te lewe nie, maar dood te wees vir die sondes en om te lewe vir God deur Sy Seun Jesus Christus. Ons vergader as gelowiges nie in kerk geboue nie, maar op plekke prakties vir ons, kan selfs in ons huise wees. Ons moet uit die Kerk strukture kom omdat die Here ons uitroep uit die kerke of kerk strukture uit.