top of page

Gelofte van 16 Desember 1838


In Afrikaans vertaal: My broeders en Volks Genote, Hier staan ons op die oomblik voor een Heilige God van Hemel en Aarde om een Belofte voor Hom te Belowe, Dat as Hy aan ons die Oorwinning gee, dat ons een Huis tot eer van Sy naam mag stig, waar dit die Here ook Behaag, en dat ons ook Sy hulp en bystand van God afsmeek, om die Gelofte te volbring en dat ons die Dag van Oorwinning in die Boek sal opteken en bekend maak, selfs aan ons laatste nageslagte, en dat die Dag tot eer van God gevier mag word.


Ons Boere voorouers het die hulp van die Here afgemseek het na die gebeure wat die Slag van bloed Rivier voorafgegaan het, die Bloukrans moorde sowel as by Boesmans Rivier deur die Zoeloe krygers in opdrag van hul koning Dingaan. Ons voorouers het laer getrek met die waens en gereed gemaak. Kom ons kyk na die Gelofte. Huis tot Eer van die Here te stig, die Gelofte te Volbring, Die Dag tot nagedagtenis te vier en aan ons nageslagte tot in die laatste nageslagte mee te deel.


Huis Tot eer van die Here te stig. Eerstens laat ek die verdraaing en mite weerlê. Baie predikers het dit verdraai as beteken dat ons 'n kerk sal oprig en bou tot eer van die Here, waar van hulle glo in Pietermaritzburg en ander weer die Voortrekker Monument. Nêrens sien ons dat hulle enige iets van 'n kerk gebou nie, maar eerder om 'n Huis tot eer van die Here te stig waar dit Hom behaag. Kom ons kyk na die Bybelse agtergrond in beide Grieks en Hebreeus.


Kom ons kyk na wat sê Efesiërs 2:13 - Efesiërs. 13Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 14Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 16en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. 17En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; 18want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. 19So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, 20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,

21in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ’n heilige tempel in die Here, 22in wie julle ook saam opgebou word tot ’n woning van God in die Gees.


In beide Grieks en Hebreeuse konteks betekn die woord huis, huishouding, soos wat ons sien met die Huis van Israel of Juda. In die konteks van Efesiërs 2:20 - 22 dat die Huis beteken die woning van God. Verdens het Jesus Christus ook gesê dat God nie in 'n huis of tempel met mense hande gemaak nie. Kom ons kyk weer na die konteks van die Gelofte, om 'n huis tot eer van die Here te stig waar dit Hom behaag. Daar is 'n groot verskil tussen bou van 'n huis of kerk en te stig. Te stig beteken om 'n nuwe ding te vestig, in die geval 'n huis te stig. Wat betekn om 'n huis te stig tot eer van die Here waar dit Hom behaag? Dit beteken in die konteks om 'n nuwe volk te stig of te vestig, in die geval die Boere volk en dus daardeur om 'n republiek te stig of te vestig, soos dit die geval was met die Republiek van Natalia en later die Zuid Afrikaanche Republiek en die Republiek van Oranje Vrystaat tot eer van die Here. Dus beteken dit om 'n volk tot eer van die Here te wees.


Die Gelofte is die fondasie van die Boervolk en dit is wat ook die Boervolk gevorm het. die Grondwet van die Republiek van Natalia, Zuid afrikaansche Republiek, Republiek van Oranje Vrystaat en latere Republieke van Stellaland, Goosen en Nuwe Republiek gegrond op Deuteronium gegrond, wat die karrakter en eienskappe van die Boervolk gevorm het. Dit definieer ook die Boervolk. Deel van die eienskappe is die pioniers gees, strewe na Lewe, Vryheid en Strewe om Voorspoed, wetende dat al die regte van God af kom. Dit het ook gelei dat ons as Boervolk selfonderhoudend geword het en dus nie afhanklik van regering of politieke partye nie. Dit het ook grootliks bygedra dat die Boervolk hard werkende mense is met baie sterk werk etiek. Ons Boervolk verkies ook om net uit gelos te word, en ter selfde tyd wat ons ook ander uitlos en ook hul grond gebiede eerbiedig en dus daardeur die grense, soos dit die geval was ook met die grense van die republieke waar ons die grense ge-eer het. Ons Boervolk glod us aan grense en ook immigrasie beheer, dit wat gelie het na die Anglo Boere Oorlog omdat die Elitists van die Afrikanerbond van die Kaap Kolonie en die Britse Ryk verag het. Ons het immigrasie beheer toegepas om te verseker dat ons Boere Kultuur, tradisies en waardes beskerm kan word en nie uit gedruk word en vertrap word nie. Wat ons verwag het was in 'n tyd van ten minste vyf tot tien jaar dat die immigrante moes geasimuleer het in die Boervolk en ons kulture en waardes en ook moes aan neem. die voorwaardes vir burgerskap was afswering van hul lojaliteit teenoor die vorige regering en volk en land en die aaneming van ons kultuur, tradisie, taal en waardes en in die geval van die ZAR, of Oranje Vrystaat en ander Republieke selgs die se regerings erken as hul enigste regerings.


Die feit dat individuee Afrikaans praat was nie genoeg nie, maar om die waardes en kultuur van die Boervolk aan te neem en te aanvaar en hul lojaliteit teenoor die Kaap Kolonie af te sweer, die Engelse weer die VK moes afsweer en Eed van Belofte teenoor hul nuwe nasie moes neem, wat dus in sluit te veg vir, handhawing van die Boere Kultuur en waardes sowel as die grondwet en lojaal te wees teenoor die. Ons was versmoor gewees deur die Cape Dutch wat geen respek daarvoor gehad het nie want die was mos verdelend sowel as die Gelofte Dag, net soos die gelofte Dag vervang was met Versoeningsdag soos ooreengekom deur die Broederbond om die MK aanval op die Republiek te vier omdat die gelofte Dag sogenaamd verdelend is. As ons die Gelofte Dag afsweer en Eed van lojaliteit Sweer teenoor die Sataniese Versoenings Dag, dan gooi ons ons identiteit weg. Die Gelofte Dag is meer as om dit net een keer per jaar op 16 Desember te vier, dit is om 'n volk vir die Here te wees soos gedefinieer deur die woord van God, uniek en bo ander kulture uit te staan. Dit is ons waardes en beginsels wat ons definieer en waarom ons vereenig, meer as net taal. Maar daar is die wat vir ons wil sê dat ons moet ophou om tyd te mors rondom en eerder te kyk of ons die ANC te verslaan. Mense, as ons juis los staan van wie ons is, dan is ons reeds verslaan, maar as ons weer ons wortels gevind het en weer ons identiteit. As ons dit verloën ter wille van die skyn eenheid, dan het die Broederbond gewen en so ook die ANC. Ons eerste stap is om te weet wie en wat ons is, ons identiteit, kultuur en Volks Simbole, dit wat ons vereenig, wat van ons 'n mag sal maak en ons weer op staan.


Die Politieke partye en die Afrikanerbond wat ook deur hul front organisasies soos die afriforum, soladiriteit en agriSA is die wat ons verdeel en goed gebruik maak van NASPERS en deur die Media24 en misinformasie pleeg om ons as Boervolk te verdeel vir die doel om te beheer. Hulle smeer die ware Boere organisasies so swart as moontlik met die etieket van ekstremiste, rasiste en ander name wat ek nie hier sal noem nie. Dieselfde Afrikanerbond is ook dieselfde mense wat die ANC aan die bewind gekry het en gebruik om die wil van die NWO af te dwing. Maar ons moet wakker skrik mense en ons Boere Identitetit en Kultuur herstel en handhaaf. Die van die afrikanerbond en hul frontorganisasies is nie in die meerderheid soos hull ons wil wysmaak nie, maar in die mindeheid, klein minderheid en wat die selfde mense is wat alle besluite te neem namens ons sonder om ons in engige iets te ken en probeer alles te doen om ons te verhoed om weer ons identiteit te herontdek en te herstel, deur om dit af te maak dat dit verdelend is en almal daarop wil wysmaak. Dit is leuens die, ons identiteit en erfenis en kultuur en waardes is alles behalwe dit, ons kultuur, identiteti, simbole en erfenis en waardes is wat ons vereenig en sterker maak, dit wat die Afrikanerbond vrees, hulle vrees die Boervolk en dus ons identiteitloos te los.


Sal nog meer daaroor gesels.

135 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page