top of page

Wat is 'n Boer?


Dagsê mense. Was vir 'n ruk stil gewees terwyl ek die argumente deur gegaan het tussen van die van ons wat weet dat ons deel is van die Boervolk en dan van die elitist tipe mense wat daar teen gepraat het met hul rond speel van woorde. Die vraag is, wie het gekom met die terme Afrikaner? Die antwoord is die Afrikanerbond wat 'n einde aan die Boervolk wou bring. Hoekom en waarom? Om ons individualiteit te vernietig en ons vermoëns om self versorgend te wees in te perk om ons afhanklik van groot leiers te maak waar hulle al die aksies sogenaamd kan loods, ter wille van beheer, wat hulle noem eenheid. Hulle het hard gewerk ook daaraan om ons as volkie te kry om op ander dinge te fokus om ons weg te hou van om ons Boere Republieke te herstel. Hulle kommunikeer as of hulle in die meerderheid is, want hulle het die platvorm geskep deur NASPERS, terwyl hulle minder as 14% is van ons Blanke Afrikaans sprekendes, presies te wees, 13.75%.

Sedert die post-Anglo Boere Oorlog het hulle kultuur organisasies geskep met die doel om die Boere Kultuur te probeer vernietig en 'n nuwe kunsmatige Afrikaner Kultuur van gedienstigheid and die Afrikaner Politieke Partye, eers die SAPPE en toe die Nationale Party en toe later die VF+, party politiek. Hulle het 'n afsku teen ons individualiteit en ons gewilligheid om ons eie toekoms in ons hande te vat en te verseker, naamlik ons vryheid. Daarom dat hulle kort-kort ons probeer maak verstaan dat ons klase moet wees terwyl hulle die base is wat vir ons besluite neem teen ons in die naam van eenheid. Hulle het leë beloftes gemaak wat verbreek is, dus gelieg vir ons die hele twintigste eeu en vandag nogsteeds, versprei valse stories teen ons Boere Organisasies met die doel om ons vertroue in ons eie organisasies te breek en te kry om slegs op hul geskape organisasie, die Afrikanerbond te vertrou. Hulle is ook die wat ons verdeel. Ons sit met Orania en hier en daar ander plekke vir meer as 24 jaar nou sonder dat die VF+ en Afriforum enige iets gedoen het, en nogsteeds ons wil verhoed om sake in ons eie hande te neem om ons afhanklik te hou teenoor hulle.

Ons lees en praat nêrens van 'n Afrikaner maak 'n plan nie, maar wel 'n Boer maak 'n plan. Hier is 'n paar eienskappe van wat ons 'n Boer maak. Eerstens, ons is Christene, waar ons waardes volgens die Bybel gevorm is en so ook ons wereld beskouing gegrond op die Bybel. Tweedens het ons gewoonlik wapens by ons gehad voordat die elitists ons probeer ontwapen het. Derdens, ons as Boervolk strewe na vryheid, hou nie daarvan om deur ander beheer te word nie maar om ons eie lewens te kan lei en ons eie toekoms te beheer, dus ook individualisties van aard. Vierdens, ons is self-onderhoudend, wat self besluite kan neem en op ons eie voete kan kom en ons eie toekoms kan beheer en vir ons self kan dink met logika en rede. Vyfdens, ons Boere het die vermoëns om mekaar te help om op die voete te kom en te sorg en goeie besluit neming vermoëns het om ons vorentoe te vat. Sesdens is ons huwelike en gesinne baie belangrik vir ons as Boervolk. Sewende, ons wil net uit gelos word as 'n volk, word ons uitgelos, los ons hulle uit, maar probeer hulle om oor ons regte te loop en in te meng, dan begin ons terug te veg en slaan ons baie hard terug om weer vry te wees. Ons het dit in die Anglo Boere Oorlog gesien van hoeveel Boere vanuit die Kaapse kolonies en Natal op gekom het om saam met die Zuid afrikaanche Republiek en die Republiek van die Oranje Vrystaat geveg het. Dit alles is wat die Afrikanerbond en Elitists haat, want hulle vrees hierdie eienskappe baie en ook hoekom hulle die ware Amerikaners haat omdat hulle presies diselfde eienskappe het as wat ons het, want dit maak dit vir hierdie elitists onmoontlik om ons te beheer.

Ons is nou in 2019. Ons vryheid begin deur dat ons terug keer na God en ons Gelofte herstel, tweedens om ons eie toekom in ons eie hande te neem instede van om op hoofstroom Afrikaner organisasies soos die Afriforum en Soladiriteit en VF+ te vertou. Ons moet as individuee ons eie toekoms in ons eie hande neem en waar nodig ons eie Boere broers help om dit te doen en as vrye mense op ons regte te staan en opereer. Tyd dat ons hierdie elitists mense moet ignoreer wat aanhoudend ons wil ontmoedig om vir ons self op te staan en eerder op die genoemde hoofstroom organisasies te vertrou. wat ons vereenig is ons waardes en beginsels as Christene en Boervolk. Politieke Partye is verdelend en doelbewus ook, want dit gaan om die belange van die partye en meer die elitists se belange te bevorder. Dus tyd dat ons ten volle weg beweeg van party politiek moet beweeg en vry van politiek moet wees om ons Boere Republieke te herstel. Sal nog meer deel oor wat 'n Boer is en wat ons as Boervolk is.

91 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page