top of page

DIE DRIE BLOU BRIEWE


Ek plaas ook hierdie gedeelte vanuit Vaandel auitgewers oor die Blou Briewe deur Adriaan Snyman. Hier is baie mense wat na gras halms gryp en wilde spekulasies wil maak. Die keer oor die Duitse Staats Leier wat eis dat die BEE weg ge doen word, waar daar mense is wat fra of dit die drie Blou Briewe is. Die antwoorde op daardie is weereens nee. Eerstens voor ek hier aangaan, wil ek dit net duidelik stel. Mense, moenie op politieke leiers vertrou nie of op mense steun nie. Soek die Here en na Sy wil. Moenie dinge vooruit hardloop nie. Wag vir die dinge wat moet gebeur wat die Drie Blou Briewe voorafgaan. Die briewe is fisiese briewe as ultimatum aan die Parlement. Dit ook veral met Namibië wat ook bekend staan as Suid Wes Afrika of Duits Wes Afrika. Al hierdie dinge sal eers plaas vind nadat die Derde Wereld Oorlog uitgebreek het en Engeland nederlae toegedien word deur Duits Land met die hulp van die Boere Leier wat nog verborge is. Dit is die gebeure in Europa.


Daarna ook wat betref Suid Afrika, naamlik die Doringbos Regering wat dan aan die bewind sal wees sowel as die XL of te wel die nag van Lang Messe wat betref met Johannes sowel as die Groot Stakings op hande en die Groot Verkiesing op Hande. Die Verkiesing mag plaas vind of kan ook nie, hoe dit okal die geval, die Doringbos Regering sal dan aan die Bewind gestel word nie deur die BRICS lande nie maar deur Engeland. Hou ook September dop. Ons is in November en nie September nie. Glo ook nie dit gaan volgende jaar wees nie maar so 2020 of een jaar later, maar ook dit hang van die Here af.


“Met wetgewing konfiskeer ons wat van ons weggeneem is, dis ‘n regverdige saak. Ons roof of steel nie. Na die twee groot slae gelewer is op die Westerfront, kom vyf oorlogskepe na Duitswes en een vliegkampskip na Duits-Oos. Sodra die oorlogskepe land, vlug die Engelse weg uit Rhodesië (Zimbabwe) en Kaapland”.


Hierna volg daar ‘n lang tydsverloop, waarin hy o.m. “sien die parlement sit; dit reën en die gras word groen (lente); die gras word weer wit en droog (winter), en as dit die tweede keer groen word (aanbreek van die lente), kom daar 3 blou briewe in die parlement.


“Na die derde brief spat hulle (parlementslede) uitmekaar en vlug weg uit die Kaap. Ons (weerbare manne) beweeg na Lichtenburg en by ‘n koppie spreek ‘n man in ‘n bruin pak klere ons toe. Ons trek weer hier af soos in 1914. Langs Grootrivier (die Oranje) kom Wes-Transvaal, Suid-Vrystaat en Oos-Kaapland bymekaar en daar ontmoet ons die Duitsers en kry ons ons gewere en kanonne wat ons nodig het. Nou begin ‘n groter staking as in 1922. Ook die treine staan, behalwe die trein (onder Duitse beheer), tussen Prieska en Duitswes”.


So eers na die Nag van Lang Messe en die Parlement gesit het nadat dit aan die bewind gestel is, waarna dit winter word en die grat wit droog, dus 'n baie koue erge winter wat dan op hande gaan wees en daarna die lente wanneer die gras weer groen word, dus September se kant.


Daarna nadat Engeland in Britanje deur Duitsland en Amerika verslaan is en die man in die Bruin Pak Klere daar gaan uit help het, vir wat die Duitse Oorlog Skepe anker lê op Luderitz Hawe en Amerika anker gooi aan die Oos Kus om Indië en Sjina weg van die Suid Afrikaanse Kus te hou en te verdrywe. Daarna word die Dire Blou briewe vanaf Luderitz na die Parlement gestuur, vanwaar die Parlement na die Derde Blou Brief uit mekaar spat en die mense op die vlug slaan.


Die Boere (weerbare manne) beweeg dan op na Lichtenburg toe waar die man in die Bruin Pak Klere dan die Boere sal toespreek en waarna hulle dan na Prieska sal gaan na die Grot Rivier om die Duitsers te ontmoet om die wapens en kanonne te verky en daarna weer op beweeg Vereeniging waar die Boere vanaf Wes Transvaal, Suid Vrystaat en Oos Kaap dan die Boere van Transvaal, Natal, Oos Transvaal, Noord Vrystaan en Noord Transvaal, waar die Tweede Slag Van Bloed Rivier dan sal plaas vind. Sal oor die opvolgende gebeuere ook uiteen sit sowel as die Doring Bos Regering

1,982 views1 comment

Recent Posts

See All
bottom of page