top of page
Writer's pictureGideon Prinsloo

MAN IN BRUIN PAK KLERE


Ek sien dat hier baie is wat wil spekuleer oor wie hierdie man in Bruin Pak klere is, en almal reg deur die bank is verkeerd. Niemand weet wie hierdie man is nie. Maar ek gaan 'n paar uitreksels van Adriaan Snyman hier sit soos verkry op Vaandel Uitgewers. Daarna ook my kommentaar hier.


Maar die wederstrewige Afrikaner/Boervolk is glad nie van plan om gou weerstand te bied nie; hy gaan dit eers wil doen wanneer hy nie meer sy hand voor sy oë kan sien nie. Oom Nicolaas het ook  beklemtoon dat hulle dán nie weer op die vleeslike arm van hulle leiers (met voete van klei) moet staat maak nie. Daar sal wel in hierdie tyd ’n geestelike leier in die Oostelike Provinsie opstaan (die Tweede Sarel Cilliers van die Tweede Bloedrivier ) wat die volk sal saamsnoer en bewapen. Siener het nie gesê hóé hierdie man die volk gaan bewapen nie, maar sal dit geestelik sowel as fisies van aard wees.


Die man in die bruin pak klere tree eers dan ook na vore: Op 15 Junie 1920 ‘sien’ oom Nicolaas dat Engeland deur Duitsland in ’n toekomstige wêreldoorlog verslaan gaan word, en dat  ’n Getroue Afrikaner in ’n bruin pak klere ‘n belangrike rol in hierdie oorwinning sal speel. (Bij die Engelse waans (troepe) loop mense en daar is een groot man met een vaal jas toe gaan zij jas oop en hij het een bruin pak klere aan met blink knope (Boeresoldaat). Hierdie gesig sluit aan by dié van 10 Junie: Ek staan in die weste van Euopa en my hande is al twee vol bloed. (Die ‘man in bruin’ gaan ‘n rol speel in die Duitse oorwinning)


Eers daarná sal hy hierheen kom om die volk by Lichtenburg toe te spreek en hulle tot bedaring te bring (6 Aug. 1922): In die Noorde van Europa staan ’n man met bruin pak klere aan en kijk na die Zuide.


Siener het beklemtoon dat ons ‘n TWEEDE BLOEDRIVIER gaan hê. Dus sal hierdie ‘man in bruin’  die verteenwoordiger van ‘n Tweede Andries Pretorius wees.

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat daar nog heelwat moet gebeur vóórdat ons die in bruin gaan sien. Siener het voorspel daar gaan TWEE staatsgreep-pogings wees. Die eerste een sal misluk. (Dit wil voorkom asof dit die Boermag kon gewees het, en wat, volgens regter Jordaan, misluk het). Die Tweede Staatsgreep sal eers plaasvind wanneer die NWO-regering reeds in die Parlement sit, en die ‘blou briewe’ afgelewer word (drie ultimatums). Met die derde een spat die regering uitmekaar en slaan op vlug. Duitsland bombardeer Kaapstad. Die Derde Rebellie begin (die Eeerste een was in 1914 en die Tweede in 2001 met die Boeremag).


Wat my bekommer oor hierdie man in bruin, is dat daar by ons mense ‘n byna biddende afwagting is dat hy sy verskyning moet maak – so asof hy die een gaan wees wat tot ons redding gaan kom. En Siener het uitdruklik gewaarsku dat ons daarteen moet waak!


Reeds met die Eerste Rebellie in 1914 het hy gewaarsku: “…God laat elke mens in die stof buk. Genl. Kemp moet nie môre, oormôre sê dit is hy, die dapper generaal, of ek die Siener, of julle die dapper burgers, wat julle hier uitgebring het nie, maar hy moet God die eer gee wat Hom toekom.”


Hier is weer ’n duidelike parallel tussen die benoudheid waarin ons volk hom vandag bevind en die wedervaringe van die Israeliete toe hulle weens hul ongehoorsaamheid deur God aan verdrukking oorgegee is. In sulke tye het sterk leiers en Godsmanne terstond in die midde van die volk opgestaan om hulle na redding te lei —MAAR sonder uitsondering het daardie redding ALTYD DEUR INGRYPING VAN BO geskied. Dink maar aan Moses, Simson, Gideon, Dawid, Andries Pretorius, Sarel Cilliers en Paul Kruger.


Moet dit asseblief nie vergeet nie, mense! Laat ons na HOM opkyk vir ons verlossing en nie na ‘n vleeslike arm nie!

Siener: “Die man in bruin lê onder ‘n seiltjie toegemaak…” Die volk weet nie van hom nie – soos Israel ook nie van Moses geweet het nie. Moses was reeds in sy moederskoot deur God voorbestem om as leier vir sy volk op te tree. Hy sou geen, maar geen verloopte liberalis vir hierdie taak roep nie, maar een uit sy volk wat in murg en been ‘n ware en opregte rasgenoot en patriot is. Moses het dit dan ook bewys toe hy ‘n Egptenaar wat ‘n naaste en medevolksgenoot te na gekom het, bygedam en doodgeslaan het.


Op 15 Junie 1920 ‘sien’ oom Nicolaas dat Engeland deur Duitsland in ’n toekomstige wêreldoorlog verslaan gaan word, en dat  ’n Getroue Afrikaner (nie ‘n verloopte liberalis nie!) in ’n bruin pak klere ‘n belangrike rol in hierdie oorwinning speel. (“Bij die Engelse waans (troepe) loop mense en daar is een groot man met een vaal jas toe gaan zij jas oop en hij het een bruin pak klere aan met blink knope” — ‘n Boeresoldaat). Hierdie gesig sluit aan by dié van 10 Junie: Ek staan in die weste van Euopa en my hande is al twee vol bloed. (Die ‘man in bruin’ gaan ‘n rol speel in die Duitse oorwinning)


Eers daarná sal hy hierheen kom om die volk by Lichtenburg toe te spreek en hulle tot bedaring te bring (6 Aug. 1922): “In die Noorde van Europa staan ’n man met bruin pak klere aan en kijk na die Zuide” .


Siener het beklemtoon dat ons ‘n TWEEDE BLOEDRIVIER gaan hê. Dus sal hierdie ‘man in bruin’  die verteenwoordiger van ‘n Tweede Andries Pretorius wees (militêre leier) — ‘n ware volksgenoot en vaderlander!


Eerstens is dit baie duidelik dat hierdie man in Bruin Pak Klere nog verborge is. Tweedens is hierdie man wat wel 'n Boer is en gebore Boer nie nou in Suid Afrika nie maar in die Buiteland. Dus voordat die Afriforum en ander organisasies julle kry om Boervolks Genote wat weens omstandighede na die Buiteland moes gegaan het te haat, met die doel sodat hierdie man in Bruin Pak Klere verwerp sal word en hulle dan hul valse man in bruin pak klere daar in stoot met die valse Vier Kleur. Sal hierdie ook op 'n later stadium uit een sit en hoe hierdie Doring Bos mense besig is om baie van ons te probeer mislei. Die veraaiers en hensoppers het nie die land verlaat soos die Afriforum en ander Cape Dutch organisasies julle probeer maak verstaan nie, maar is nogsteeds in Suid Afrika om ons nog verder te ondermyn. die man in Bruin Pak Klere gaan nie uit Afriforum uit kom of van enige partye nie. Ja hulle het hul sogenaamde Bruin Pak Klere Man voor berei om baie te mislei, maar moenie val vir hul foefie nie.


Die Ware Man in Bruin Pak Klere sal vanuit die Buiteland kom, eers die Duitsers help om engeland te verslaan, en daarna fokus op die Boer Volk, waar ons dan gehelp sal word, na die Dreie Blou Briewe afgelwer is aan die Parlemen deur die Duitsers wat dan reeds dan by Luderitz aanland. Let dit ook eers na die Doringbos Regering aan die bewind gekom het, naamlik die mofskape, en nie voor die tyd nie. Sal ook die Drie Blou Briewe veduidelik.


Laat ons ophou om te vertrou in die groot leiers en hoofstroom orgnisasies en weer begin leer vertrou op die Here. Verder geweldig baie van die ware Boere sal terugkom en aansluit by Lichtenburg om te help om die Barbare aan die een kant te verdrywe en aan die anderkant die Doringbos Regring om ver te werp en die veraaiers verdrywe en hul mag vernietig. Dan eers sal die werklike veraaiers op die vlug slaan en baie van hulle ook tereg gestel sal word.


Op die oomblik is die man in die Bruin Pak Klere nog verborge. Laat ons ook ons saak met die Here reg kry en na Hom opkyk, gereed maak vir die gelofte Dag ook

2,504 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page