top of page

DIE MAN IN GRYS PAK KLERE DEUR SIENER VAN RENSBURG


Siener Van Rensburg het juis ook gepraat van die man in die Grys Pak Klere vanuit die Oostelike Provinsie (Heelwaarskynlik die Oos Kaap). Wie is die man in Grys Pak Klere? Wat is sy rol en hoe gaan dit die Boer Volk beinvloed en wat gaan daarna kom?


Hier het ek n kortlikse uit treksel van uit Adriaan Snyman se Boek de Boodskapper oor die man in die Grys Pak Klere.


Maar die wederstrewige Afrikaner/Boervolk is glad nie van plan om gou weerstand te bied nie; hy gaan dit eers wil doen wanneer hy nie meer sy hand voor sy oë kan sien nie. Oom Nicolaas het ook  beklemtoon dat hulle dán nie weer op die vleeslike arm van hulle leiers (met voete van klei) moet staat maak nie. Daar sal wel in hierdie tyd ’n geestelike leier in die Oostelike Provinsie opstaan (die Tweede Sarel Cilliers van die Tweede Bloedrivier ) wat die volk sal saamsnoer en bewapen. Siener het nie gesê hóé hierdie man die volk gaan bewapen nie, maar sal dit geestelik sowel as fisies van aard wees.


Siener van Rensburg het ons n paar keer gemaan om nie op die vleeslike arm van ons leiers (met voete van klei) staat te maak nie. Vandag hoor ons die teenoorgestelde, naamlik dat baie van die sogenaamde leiers ons wil kry om onder hulle gesag ter will van eenheid moet kom, terwyl hulle ons gaan uit verkoop. dit is die DA waarvan ek van praat sowel as die Vryheidsfront Plus, Afriforum en Solidariteit en andere. Maar hoevell van hulle dra werklik ons belange op hulle harte en hoeveel van hulle soek slegs ons stemme om weer van ons te vergeet vir die volgende vyf jaar?


Hulle is glo sentristies, wat dit ook al mag wees of gematig wat dit ook al beteken. My ondervinding met gematigte mense en organisasies of glo sentristies is, is dat hulle altyd sonder uitsondering na links neig en meer simpatie toon teenoor die Linkses en Progresiewes en meer geneig is om ons wat regs is uit te kryt as rasiste en ekstremiste. As ons ons Boere simbole en erfenis ten toon stel saam met ons identiteit, sien ons dat hierdie einste sentristiese of gematigte groep dit sien as haat en rasisties. Mense, daar bestaan nie so iets soos gematigtes of sentristiese groepe nie. Daar is slegs Regses en Linkses, Liberalsime of Konserwatisme, Nationaliste en Globaliste, Lig en Duisternis. Die Bybel leer ons dieselfde dinge. In Prediker 10:2 lees ons dat die hart van die wyse altyd na regs is en die hart van die dwase altyd na links is. Ook leer ons van die Skape aan die regtehand van God wat in Sy Koninkryk ingaan en die bokke aan die Linkerkant wat in die duisternis ingaan.


Nou wat is die man is grys pak klere. dit is die man uit die Oostelike Provinsie wat n Geestelike Leier is, wat kom en Geestelike ontwaking onder die Boerevolk bring en geestelik bewapen, wat ook die Boervolk tot n eenheid bring en vereenig in Christus. Dit sal saam val met die Tweede bloed Rivier na die Versriklike Nag en wat ons Boervolk ook weer sal herinner aan die gelofte van ons Boervolk aan die Here onse God. Die Gelofte en verbond van God met die boer Volk sal ook weer vernuwe word onder leiding van die man in Grys Pak klere wat ook die weg sal baan vir die man in Bruin Pak Klere. Die man in Grys Pak Klere sal baie soos Sarel Cilliers wees.


Wie is die Man in Grys Pak Klere? die eerlike antwoord hier is, ons weet nie, hy is nog verborge en sal op die regte tydstip sy verskyning maak. Maar wat ons wel weet is dat dit glad nie Angus Bakhans (Buchan) is nie. die rede is hy reel gebeds byeeenkomste sonder om die gelofte Dag te vernuwe, maak verskillende bevolkings groepe bymekaa terwyl hy die Boervolk so aanhoudend aanval en beskuldig van rasisme en verdeeltheid veroorsaak in die Reenboog Nasie. Hy spreek ook nie die regering aan nie en probeer ons kry om op die regering te vertrou instede van op God. Hy bring glad nie die Boervolk bymekaar nie. Ook is dit nie naby die Tweede Bloed Rivier nie en ontmoedig die Boervolk om hulself te bewapen. Angus Bakhand is nie die man in Grys Pak Klere nie. Die Angus Bakhand Mense sal nie daarvan hou nie maar dit is die waarheid.


Die Here wil die Boere Republieke herstel maar Bakhand is daarteen gekant ook. Siener het duidelik gepraat van die Vier Kleur wat weer sal wapper, nie die fop Vierkleur soos ontwerp deur die Vryheidsfront Plus met die Oranje instede van Rooi nie maar die ware Vierkleur soos die ou ZAR Vierkleur Vlag. Soos ek gese het se ek weer, ons weet nie wie die man in Grys Pak Klere is nie maar die Here sal hom aan ons bekend maak op die regte tyd sodra hy op die toeneel kom en die Boervolk weer vereenig. Elkeen wat wil voorgee dat hy die een is lieg. Maar die man in die Grys Pak Klere sal binnekort kom en direk daarna die man in Bruin Pak Klere

2,197 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page