top of page

Die Vriendelike Engelsman met die Geel Broek soos gesien deur Siener Van Rensburg


Siener van Rensburg het ook gepraat van n vriendelike Engelsman wat van Afrika na Natal toe verhuis en wat op die voorgrond gaan tree. Ek gaan dele hier plaas soos geskrywe deur Adriaan Snyman op sy Blog, Vaandel Uitgewers.


Ons verneem dat Siener se ‘vriendelike Ingelsman’, oom Angus Buchan, (in Afrikaans lees dit oom Angus Bakhand) gereedmaak om op 22 April buite Bloemfontein een miljoen gebede op te stuur na die Troonkamer om te pleit dat FW de Klerk se beloofde paradys tog nou ’n werklikheid moet word, want niemand kan dit meer in hierdie nekropolis (stad van die dooies) uithou nie.


Ons moet onthou van De Klerk se veraad wat hy gepleeg het en die bedrog soos hy met die vyand gaan kodesa het. Hy het ook dit goed gekeur en gefasiliteer dat die ANC die grense verwyder tussen die verskillende tuislande om sodoende die sogenaamde Reenboog nasie te skep. Sedert die oorname van die ANC is reeds meer as 120'000 Blankes, veral van die Boer Volk deur anti-wit radikale swartes uitgemoor. En nogsteeds volgens die Liberales is dit die Blankes se skuld daarvoor, niks nuut nie want dit is maar net die voortsetting van die London se Sending Genootskap wat die Boervolk altyd verag het. Baie van die Kerk Leiers het ook Liberaal geword en verder die Boervolk veroordeel en vir alles wil sleg maak en meer gesimpatiseerd is teenoor die swartes wat ons so uitmoor en ons grond kom besteel gegrond op hulle valse beskuldigings teen ons.


Ook hierdie Angus Buchan of meer bekend by ons Angus Bakhand of die Aartappel Profeet is ookglad nie die Boere goed gesind nie maar baie sterk vyandig gesind en teen ons Afrikaanse taal. Maar tog ondersteun n groot aantal Afrikaners die sogename profeet. Kom ons kyk wat se Siener van Rensburg soos uiteen gesit deur Adriaan Snyman.

Gedurende die tydperk 1948 tot 1989 het daar sowat 7 000 swartes gewelddadig in SA gesterf. Vanaf die ANC se ontbanning in 1990 tot 1994 is 14 000 swartes deur ander swartes vermoor. Maar vanaf 1994 tot vandag het reeds meer as 70 000 duisend blankes met hul lewens betaal vir De Klerk se paradys.


Dit is so erg dat selfs die liberaliste nou daagliks in vrees en angs lewe. En volgens Siener gaan daar nog ’n tyd aanbreek dat hulle sal bid dat die onheile wat besig is om oor hulle te kom, tog nie moet plaasvind nie. Maar dis nie al nie — hy het ook gesien dat hy en genl. Koos de la Rey se seun, Adaan, nog oor hulle sal huil. Toe Adaan sê dit sal nooit gebeur nie, was Siener se antwoord: “Ek sien nie ons huil omdat ons hulle jammer kry nie, maar omdat ons nie vandag in hulle skoene staan nie…”


Daardie gesig gaan miskien nog hierdie week bewaarheid word, want ons verneem dat oom Angus Bakhand die voortou geneem het en ’n nasionale biddag uitgeroep het, juis om dit wat hulle nooit wou glo sal gebeur nie, te probeer keer!

Hierdie reuse-biddag word gehou op ’n plaas Wildeals Kloof, naby Bloemfontein om 2-uur Saterdagmiddag 22 April.

“Ons gaan dan ’n nasionale dag van gebed hou,” sê Buchan, “en ek doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners van alle rasse van regoor die land, van Tzaneen tot in die Kaap en van Upington tot in Durban, om bymekaar te kom — een miljoen van ons.”

Hy glo dit is ons laaste kans om weer normaliteit terug te bring na Suid-Afrika. “Kanselleer al jou afsprake en vergaderings en maak seker dat jy dié dag hier is. Ons is moeg daarvoor dat mense (hoekom noem hy hulle nie by name nie?) reg in eie hande neem. Ons gaan die Here vra om geregtigheid, vrede en hoop vir ons geliefde Suid-Afrika te bewerkstellig…”


Maar geloof of gebed sonder die werke is dood? Ons het dit by Bloedrivier gesien. Sarel Cilliers-hulle het sewe dae lank élke dag gebid vir verlossing. Maar daarna nie op hul louere gaan rus nie. Hulle het uur na uur hard geswoeg en gesweet (m.a.w.‘gewerk’) om gereed en voorbereid te wees vir wat ook al mag gebeur. Daar is veghekke gemaak, koeëls gegiet, gewere geolie en nagesien en ook verkenningstogte uitgestuur.

Hierteenoor wil Angus Buchan en sy volgelinge Saterdag na ‘n eenmalige gebedsaksie terugkeer huis toe om te sit en wag dat God nou vir hulle die ‘werk’ moet doen. Dit was ook die geval met sy destydse eerste ‘Mighty Men’-konferensie in 2003. Hy en sy ‘Magtige Manne’ (almal met vleeslike arms) het herhaaldelik dwarsoor die land bymekaargekom om te bid vir herlewing en vrede, om dan weer rustig huiswaarts gekeer. Hulle het nooit by die ‘werke’ uitgekom nie, want die aanrandings, kapings, rooftogte, plundering, verkragtings en doodslag het net vermeerder sodat Suid-Afrika vandag as die moordhoofstad van die wêreld bekend staan.


Die vraag word gevra of hierdie misdadiger wat moor, steel en verkrag, enige wet in eie hand geneem het om dit te doen? Is daar dan wette wat hom die mag daartoe gee? M.a.w. is daar aansoekvorms ingevul om 70 duisend blankes te vermoor? Die wat moor, steel en verkrag is mos ‘wetteloos’ en dus praat Buchan nie van hulle nie! Hy praat nie van swart op wit misdade nie, maar wel van wittes se dade op die swartes. Die witman is die gehoorsame wat wet en orde wil handhaaf en daarbenewens die wet gebruik om hulleself te beskerm.


Oom Angus is ook oënskynlik baie bly oor die ‘bloedige tydperk’ wat Suid-Afrika tans ondervind. Die 70 duisend moorde en 700 duisend plakkers is vir hom net ‘n oorgangsfase wat moet geskied sodat samesmelting tussen al die rassegroepe kan plaasvind. Hy sê ook dat dit sy laaste vergadering sal wees, want hy is nou tevrede met waar die land homself bevind. Daar moet nog net gebid word dat dié wat die reg in eie hande neem, gestop word!

’n Groot aantal blankes wat met Siener se profesieë bekend is, is oortuig daarvan dat Buchan die man in die grys pak klere is waarna die Siener verwys het. M.a.w. hy is die geestelike leier uit die Oos-Kaap wat die Boervolk weer bymekaar gaan maak en na God teruglei.


Toe ’n vriend hom onlangs skakel en voorgee dat hy nie goed Engels kan praat nie en of Buchan sal omgee as hy Afrikaans praat, was Buchan se antwoord: “Ek verstaan nie Afrikaans nie en kan dit ook nie praat nie.” Of dit werklik die geval is, weet ons nie.

Op sy plaas is daar ’n weeshuis Beth-Hatlaim (Huis van die Lammers), vir wat hy noem ‘weggooi-kinders’ en sovêr ons kon vasstel is daar nie een blanke kind onder hulle nie. Dit bestaan reeds sedert 1995 en word grootliks onderhou met donasies van blankes.

’n Mens sou ook verwag dat ’n gesant van God uit eerbied en respek darem sy hoed sal afhaal wanneer in die teenwoordigheid van die Almagtige optree. Buchan is nog nooit met ontblote hoof op ’n verhoog gesien nie.


Siener het in ’n paar gesigte verskeie tonele waargeneem waarby ’n ‘vriendelike Engelsman’ betrokke is: ’n Vriendelike Engelsman kom hier aan. Ek sien wingerdlote (geloof) kom opmekaar uit, maar ’n groot vlam verteer hulle. (Deur die ‘vriendelike’ Engelsman se toedoen (misleiding), word die mense se geloof geblus). Hy kom van ’n Afrikaland (Zimbabwe). Ons sal lank nie van hom weet nie. Dan loop baie agter hom aan na die Oostelike provinsie (Natal) met groot verwagtinge. Maar hy lei hulle na ’n muur sonder ’n deur (daar is geen uitkoms nie). Siener sê hy sien ’n man wat die geel broek uittrek, maar die onderbroek is grys … hy hardloop dan na die ooste toe. (Geel is die kleur van verraad).


Dat hy die geel broek uittrek, wys sy verraad word ontbloot. Die grys onderbroek beteken hy probeer nog voorgee om ’n geestelike leier te wees, maar niemand vertrou hom meer nie en hy vlug (terug) na die ooste (Oostelike Provinsie).


Dit is duidelik dat die Angus Buchan of te wel Bakhand juis hierdie vriendelik Engelsman met die geelbroek is waarvan Siener van Rensburg van oor gepraat het. Natuurlik sal baie van sy aanhangers ons kruisig en vervloek omdat ons die waarheid praat, dit omdat hulle met oogklappe deur die lewe gaan en alles glo wat hy se, want hulle is mos wys gemaak dat jy nie die gesant van God mag bevraagteken of toets nie. volgens watter Bybel? Sedert Moses al in Deuteronium regdeur die Ou Testament tot in die Nuwe Testament word ons juis opdrag gegee om alle profete te toets om te sien of hulle van God af is of nie en nie sommer alles glo nie. Dit is slegs deur die Rooms Katolieke Kerk en nou vandag deur die faith Movement en die New Apostolic Reformation waar ons wys gemaak word dat hierdie Predikers onfeilbaar is en geglo moet word sonder om bevraag teken te word. Hulle is ook juis teen die Protestante Herforming gekant omdat dit glo verdeeltheid gebring het en probeer ons terug te lei na Rooms Katolosisme toe. Dit is soos die Israeliete wat wou terug keer Egipte toe dat God se toorn teenoor diegiende gebrand het wat wou terug keer.


God het hierdie Herformers gebruik om ons as Gelowiges uit gelei het van die kettings van Rooms Katolosisme na vryheid toe. Die gesag van die Heilige Skrif was weer herstel en die Evangelie weer herstel. Maar hierdie NAR mense en Buchan verwerp die Herforming en sit hul "openbarings" op ten minste die selfde vlak indien nie hoër gesag as die van die Bybel terwyl hulle slegs sterfelinge is en dan bonop verafgod word. Niks verskillend van Rooms Katolosisme en Pousdom nie. Hulle verkondig ook multi-kulturealisme met verskillende godsdienste saam onder een dak, met n flou verskoning dat die mense na die Here gelei sal word. Die Here het ons uitgestuur om die ongelowiges te bereik waar hulle is, nie om hulle in te neem waar ons identiteid vernietig word nie.


Baie mense se gelowe sal skipbreek lei wees die misleiding en valse prediking van hierdie man, maar hy sal ontbloot word deur die Here Homself waar sy veraad ontbloot sal word, vanwaar die mense hom nie meer sal vertrou nie

1,645 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page