top of page

GEBREK AAN KENNIS WEENS DIE VERWERPING VAN GOD SE KENNIS


Dagse mense, Gideon Prinsloo weer hier, om die keer te gesels oor die onderwerp, Kennis. So baie hoor ons van predikers wat lief is om vir die gemeentes te vertel of in groot byeenkomste te vertel dat die ons ten gronde gaan weens gebrek aan kennis, daarom verkry kennis. Maar hierdie gedeelte word totaal uit konteks aangehaal. Ek gaan hier die gedeelte in konteks plaas en van daar af dit behandel.


Hosea 4:1 - 11.

1 Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie. 2 Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak. 3 Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om. 4 Laat net niemand met ons twis of ons berispe nie! Nogtans is jou volk soos die wat met die priester twis! 5 Daarom sal jy struikel bedags, en ook die profeet saam met jou struikel in die nag, en Ek sal jou moeder te gronde laat gaan. 6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet. 7 Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander. 8 Hulle lewe van die sondoffer van my volk, en na dié se ongeregtigheid verlang hulle siel. 9 Daarom sal dit met die priester gaan soos met die volk—Ek sal by hom besoeking doen oor sy weë en hom vergeld na sy dade. 10 Dan sal hulle eet, maar nie versadig word nie; hulle sal hoereer, maar nie uitbreek in menigte nie; want hulle het nagelaat om die HERE te vereer. 11 Hoerery en wyn en mos neem die hart weg.


Nou kom ons kyk hoekom ons as volk n gebrek aan kennis het en waarom. Eerstens sien ons dat die Woord van die Here verwerp word in Suid Afrika. Hoekom word dit verwerp? Omdat die leiers van die Volk verkies om polities korrek te wees en te probeer om die mense van die Wereld gelukkig te maak. Die Volks leiers het God verlaat en het verkies om die globale leiers te vrede te stel en daardeur ook om die Gelofte wat ons as Volk aan God gemaak het te verwaarloos. Te veel probeer so hard te smag om die mense van ander godsdienste te vrede te stel. Reeds sedert John Vorster was Gebed uit die Parlement geban om die atieeste en Moslems te vrede te stel en om die landsgrense soos die Here dit daar gestel het te verwyder om mense van buite ons landsgrense, naamlik die van die Tuislande binne te stroom sonder dat verwag word dat hulle asimileer, waar ander gode ook saam gebring is.


Tweedens sit ons met Kerk Leiers wat ook verkies om die Kennis van God te verwerp, naamlik die Bybel as die finale gesag van God. Daar was weer terug gegryp na Rooms Katolosisme. Vir lank het ons Boer Volk sonder die leiding van die lamsakkige kerk leiers klaar gekom omdat die eerder verkies het om omgekoop te word. Maar ons gesinne was baie sterk gewees en het ons gereeld boeke gevat. Daar was die wat Geestelik sterk was soos Eerwaarde Erasmus Smit en Sarel Cilliers en latere Siener Nicolas Van Rensburg, terwyl die Dominees eerder die Brittse oorwerhede tevrede wou stel.


Onder die Vorste bewind het Vorste seker gemaak met die hulp van die afrikaner Broederbond dat sy broer die Moderator van die algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk geword het wat die Bybelse beginsels verlaat het ter wille van Liberalisme. Dit het gelei na wat genoem word kerk eenheid met die Rommse Katolieke Kerk. Dit het die weg gebaan vir FW de Klerk wat geen waarde geheg het aan God se Woord nie net omdat dit aanstto veroorsaak teenoor doe Progresiewes en ANC en Nelson Mandela. Geregtigheid het geval want die Wet van God was geignoreer. Mandela wat in die Tronk was weens sabotasie en terrorisme, wat vir onderstel was om die dood straf te ontvang, was uit die tronk vry gelaat en die ANC ontban, en toe ter will van om die Kommuniste in die ANC/SAKP/COSATU tevrede te stel was die grense van die Tuislande verwyder en so ook die grense van die Blanke Suid Afrika ter wille van die Reenboog nasie en Multi-Kulturealisme, waar al die valse godsdienste toe gelyk gestel is met die Christelike Geloof en die Sekularistiese regering aangeneem is. Die Republiek was weg gedoen ter wille van Demokrasie, naamlik die regering deur die mederheid en wat hulle wil he.


Die Ou Grondwet en die wette wat gegrond was op Deuteronium was verwerp ter will van om die mees Liberale Grond wet aan te neem, die Grond Wet sonder God. die Ou Vakansie Dae was afgeskaf en vervan deur die Satanise Vakansie Dae wat glad nie per toeval so geplaas was wat saamval met die Okkultiese vakansie dae nie. Die Toordokters was baie geraadplleg wat weer die geeste van die dode geraadpleeg het. Dit was rondom dit dat daar gekodesa was met die ANC en ons Volk en Land wegegee vir die ANC deur die Misleiding dat dit die enigste weg was om bloedvergieting te verhoed, want God kon glad nie meer vertrou word volgens hierdie valse leiers en Kerk Leiers nie en daarom dat hulle sogenaamd beter geweet het.


Ons gaan ten gronde weens gebrek aan kennis omdat die Kerk leiers die kennis van God verwerp het, en omdat hulle die Kennis van God verwerp het sal God hulle verwerp. Hulle is ook aan die voorpunt om ons Boere te probeer dwing om te intergree en assimuleer binne die Multi-kulturealisme en diversiteit. dit het die deure oopgemaak na haat. Ja vandag gryp baie nou na die valse godsdiens leiers soos Angus Bakhand en ander soos Ray Mccaully en die Moderators van die Susterskerke wat ook die AGS en die Ng, NH kerke insluit. Daar word gevry na die Rooms Katolieke kerk met die doel om die Protestante Herforming tot niet te maak en ongedaan te maak ter wille van wat hulle noem eenheid. God se Woord word verwerp ter wille van die Satanise eenheid. die Geestelike leiers van die ander godsdienste word op die selfde platform genooi om saam te bid, waar elkeen tot hul eie gode bid, naamlik die Moslem imams, Hindoe Priesters en ander baal priesters soos die toordokters of sangomas.


Mense soos Angus Bakhand hulle wil eerder he dat ons die Gelofte Dag moet versaak ter wille van die Sataniese Versoenings dag, die dag waar die ANC Kaders juis n Gelofte agele het teenoor hul voorvader geeste als ter will van versoening, versoening met die sataniese gode in die naam van genesing. Blinde lei die blinde en daar word vertrou op groot geltalle, soos die Media bedekte byeenkomste van Angus Bakhand hulle, maar die Geloftedag feesviering word blootweg geignoreer.


Waarvan ek oortuig is is dat God met elke volk binne die hidige grense van Suid Afrika elkeen individueel wil werk omdat elkeen verskillend is. God wil met die Boere Volk op hul eie werk, maar die Godsdientige Lionkses ignoreer dit totaal en al. Die Volksmoord op die Boervolk word ook geignoreer deur Angus Bakhand hulle wat eerder die radikale ANC/EFF/BLF anti-wit Swart Barbare gesimpatiseer is en eerder die Boer Volk verder veroordeel en ons beskuldig dat ons verdeelthied in die volk wil bring. Hoe kan daar saam gestap word sonder dat daar saam gestem word? Om watter dinge word daar vereenig, of het beginsels en waardes geen waarde meer nie? Wil die Suid Afrikaanse Vakansie dae behandel om te wys hoe die datums sorgvuldig uitgekies was, naamlik die eer van die satan self oor Suid Afrika.


Wat die Here soek is dat ons as Boervolk moet verootmoedig voor God, die valse gode van Suid Afrika en Politiese Korrektheid te verwerp en te bekeer van die aanbidding van leiers wat Godsdienetige leiers insluit en terug te keer na die Woord van die here en weer Geestelik Weerbaar moet wees, versterking van ons gesinne en gemeenskappe en fisiese weerbaarheid ook. Dit is n proses, maar die een of twee "gebeds byeenkomste" per jaar soos wat gereel word duer onder ander Angus Bakhand hulle gaan nie genoeg wees nie. Ons moet van voetsool Vlak af terug keer na die Here en sy aangesig Soek, terug keer na die beginsels van God se Woord, terugkeer na die ware Protestante Christelike Geloof en weer ons Kinders onderig gee. Ook moet ons die and van die Here oor ons vra soos ons onself weerbaar maak Geestelik en fisies, nie te val vir valse vrede nie, maar weet dat ons in n oorlog gewikkel ios wat nie deur ons begin is nie, maar deur die ANC/EFF/DA/BLF en ander Kommuniste. Ons kan glad nie met hulle versoen nie. God is ons Vader en ons Koning en ons moet leer om weer die Here te vrees, want Hy is nie ons speel maat en Genie om rond gebeveel te word nie. Ons moet ons self onder God onderwerp en Hom volg en gehoorsaam en weer leer om alle predikers te toets of hulle van die Here af is of nie deur om alles wat hulle se te toets aan die Woord van die Here sodat ons nie mislei word nie, al se hierdie sogenaamde groot predikers sso Bakhand hulle en ander dat ons hulle nie mag toets of selfs ontbloot nie omdat hulle sogenaamd onfeilbaar is, gee die Woord van God ons die opdrag om hulle te toets en te ontbloot sodra die Woord van die Here hulle te lig bevind in die lig van die Bybel.

105 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page