top of page

KAPITALISME VS SOSIALISME:

Bybelse Beginsels van Vryheid. In Levitikus 25 praat dit van die belangrikheid van vryheid. Ons kyk ook na die Eksodus van die Israeliete vanuit Egipte


Is Vryheid 'n Bybelse Beginsel? Kom ons kyk na die volgende teskte in die Bybel. Eksodus 6 gee ons die fondasie van Vryheid. In Deuteronium 15:12 tot 18 gee ook instruksies ten opsigte van ons Vryheid. In Psalm 119:40 - 47 stel dit so:

40 Gewis, ek het ‘n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid. 41 Wau. En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, u heil volgens u belofte, 42 sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord. 43 En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek. 44 Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd, 45 en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele. 46 Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie. 47 En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet, . Die Hebreeuse woord vir ruimte is merchab wat beteken vryheid of ruimte, dus vryheid, om vry te wees om die gebooie van God te volg.Chuphshah work ook gebruik wat beteken om vry te wees, vryheid. Toe die Here Israel uit Egipte gelei het en in 'n volk omskep het, het die Here aan Israel Wette gegee deur Moses, eers begin by die Grondwet wat die grondslag gee om ons God gegewe Natuurlike Regte te verseker en te beskerm deur grense te stel waar ons mekaar se regte respekteur sowel as 'n instrument om die regering van Israel in toom te hou ook omdat die onder die wet onderhewig was. Sal later weer by dit uit kom ten opsigte van die Bybel se gronde van 'n Republiek en Federale Stelsel.


In Jeremia het die Here Israel duidelik aangespreek in Jeremia 34 oor hulle mense van hul regte en vryheid ontneem het, baie soos vandag se radikale Linkse Regering ook nog probeer doen. Hoekom? Ons regte kom nie van die regering af nie, het nooit nie en sal ook nooit nie, maar van die Here af. Volgens Bybelse voorskrifte reeds in Eksodus, Levitikus en ook Deuteronium word duidelike perke gestel vir die regering. Samuel het juis ook Israel gewaarsku oor hulle eerder 'n koning gevra het oor watter tiranie sou kom weens die monarg, want Israel wou soos alle ander nasies wees omdat hulle God verwerp het, wat gelei het tot die verlie van hul vryheid en regte tot lewe en strewe om voorspoed, konstante tiranie wat ook gelei het dat Israel later weg gedwaal het van die Here af. Esegiel praat ook van die herstel van ons vryheid en in Jesaja 61:1 wat weer deur Jesus Christus aangehaal word in Lukas 4:18 van hoe die Here ons sal vry maak. Sondes mense sit ons in kettings waar ons nie meer vry is nie. Statisme is afgodery of die linkses daarvan hou of nie.


Eerstens moet ons kom tot die slotsom dat leuens ons roof van vryheid, geen wonder dat die Linkses of Liberales so lief is vir leuens, wat leuens is nette wat ons slawe maak. Hulle haat die waarheid dat hulle die Waarheid haat spraak noem, hulle kan glad nie die Waarheid hanteer nie, want dit ontbloot al hul geheime met wat hulle wil doen. Satan wil ons ook nie vry hê nie want hulle wil alle aspekte van ons lewens beheer.


In Johannes 8:31 - 36 sê dit soos volg, 31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. 32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. 33 Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word? 34 Jesus antwoord hulle: oorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is. 35 En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd. 36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees. Dus volgens Christus is dit slegs die Waarheid wat ons sal vry maak. Die gebooie versterk ook die waarheid. Ook in beide die Ou en Nuwe Testament sê dit duidelik dat ons almal gevalle mense is, dit wat die Liberales bloot weg wil ignoreer omdat hule wil glo dat daar goed is in almal en dat "goeie mense die boonste mense sal wees met hul "inteligensie om ons lewens te beheer en nie in ons vryheid glo nie. Die Bybel is baie duidelik, daar is niemand wat goed is nie, ook nie eers een nie. Moses het dit ook in soveel woorde gesê dat ons harte altyd na boos wil uitwyk. dit is slegs deur die genade in Christus dat ons vry kan wees en vernuwe kan word deur die Heilige Gees om heilig te kan wees. dus dat God niemand absolute mag gee en toelaat dat ons afhanklik van die staat moet wees nie. God laat niks tussen ons en Hom staan nie, nie eers die Staat nie, want dit is afgodery.


Galasiërs 2:1 - 5 sê dit soos volg:

1 Daarna, veertien jaar later, het ek weer na Jerusalem opgegaan met Barnabas, en Titus ook saamgeneem. 2 Maar ek het opgegaan op grond van ‘n openbaring en hulle die evangelie voorgelê wat ek onder die heidene verkondig; en afsonderlik aan die wat in aansien was, dat ek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie. 3 Maar selfs is Titus, wat by my was, nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy ‘n Griek is; 4 en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring; 5 aan wie ons selfs nie ‘n oomblik in onderworpenheid toegegee het nie, sodat die waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly. Dus is dit duideik dat daar altyd diegiende is wat ons probeer infiltreer omdat hulle nie ons vry sil sien nie maar onder tiraniese regering sal staan wat elke aspek van ons Lewe beheer, want ons gewone mense op voetsool vlak kan sogenaam nie ons eie lewens lei en ons regte handhaaf nie maar moet dit oorhandig aan die groter soewerein of Regering omdat ons te simple minded is. Dit is die wat hulself as gode oor ons aangestel het.


Hoe sal ons ooit die Here kan dien en Sy gebooie gehoorsaam as ons nie eers vry is is nie maar onder gebondenheid van die Staat is wat elke aspek van ons Lewe beheer en onmoontlik maak vir ons om die Here te gehoorsaam. Dit kan net eenvoudig nie gebeur nie en mag ons nie ons regte opgee vir die Regering nie. Die Wette van God is genoegsaam om orde te handhaaf en volgens God sse Wette is ook die Regerings onderhewig aan die Wet. God het die Wette aan Moses gegee om ons regte te verseker en ter selfde tyd die brugerlike regering in toom te hou. Sal more oor ons God gegewe regte praat, ons regte tot Lewe, Vryheid en Strewe om Voorspoed.



70 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page