top of page

Teregwysing vs Oordeel nie (Deel 1)


Soveel keer hoor ons van baie van die mense, veral Liberales, oordeel nie sodat jy nie geoordeel word nie, die oomblik as ons teregwysing doen. Dit gaan daaroor dat ons ander pad moet kyk. Haal eers die balk uit jou eie oog voor jy die splinter uit ander se oë uithaal. Dus wat ander verkeerd doen, dit is nie jou plek om dit tereg te wys nie, liefde, dus al. Alles het gelei dat ons as Christene gedwing was deur progresiewes om stil te bly en niks te sê nie, dus dat ons as gelowiges gelykvormig geraak het aan die wêreld en daardeur gedefinieer word. Maar wat sê die Bybel?

Kom ons kyk na hierdie verse eers in konteks en dan kyk ons na die Bybelse beginsels. Hier is Lukas 6:36 - 41, 36Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is. 37 En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word. 38Gee, en aan julle sal gegee word. ’n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. 39En Hy het vir hulle ’n gelykenis uitgespreek: ’n Blinde kan tog nie ’n blinde lei nie! Sal hulle nie altwee in die sloot val nie? 40 ’n Leerling is nie bo sy meester nie; maar elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.

41En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie? Vers 37 word gereeld uit konteks aangehaal, so ookvers 41. Maar sit ons dit in konteks van hoofstuk 6, dan sien ons dit wat verwys na die Geestelike leiers wat hul eie sisteem in plek het met hul dubbele standaarde, waar God se wette ter syde gestel is ter wille van hul regulasies. Wat het Jesus bedoel hier, die maat waarmee jy meet, sal vir jou gemeet word? Ons mag nie volgens ons eie standaarde of die standaarde van die Wereld oordeel nie, maar ons moet volgens die woord van God, volgens God se standaarde die sonde oordeel of teregwys.


Kom ons kyk wat sê die Bybel? In Mattheus 18:15 - 18 gee Jesus Christus ons instruksies hoe ons moet teregwys. Mattheus 18:15 - 18, 15EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; 16maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. 17En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar. 18Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. So ook vind ons in 1 Korintiërs 5:1 - 13,

1 ’n MENS hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ’n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het. 2En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit. 3Want wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het, 4in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus —5 om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus. 6 Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? 7Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ’n nuwe deeg kan wees — soos julle inderdaad ongesuurd is — want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. 8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid. 9Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie —10 dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan —11maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ’n broeder bekend, ’n hoereerder is of ’n gierigaard of ’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard of ’n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. 12Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie? 13Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.


So ook in Galasiërs 6:1 & 2 lees ons, 1BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. 2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. So ook in Jakobus 5:19 & 20, 19Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer, 20laat hy weet dat die een wat ’n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ’n siel uit die dood sal red en ’n menigte sondes sal bedek.


Mense, dit is net 'n tekste in die Bybel en daar is soveel meer. Die word alles geïgnoreer deur die wat vir ons sê dat ons geen teregwysings mag doen nie deur om verse selektief te vat met die doel om te verseker dat niemand se gevoelens seer gemaak word nie. Geen wonder dar die wêreld die kerk binnegekom het en ons meer soos die wêreld raak, alles om net deur die wêreld aanvaar te word. Mense, die Bybel verwag van ons dat ons dissipline moet handhaaf in ons gemeentes, sondes veroordeel en die mense teregwys en veranwoordbaar te wees teenoor mekaar. Soms moet ons die wat weier om te bekeer, of dit homoseksualiteit, egbreek, hoerery, diefstal of wat ookal en selfs valse leringe te ekskommunikeer of te wel uit die gemeenskap van gelowiges te sit, Sal ook later die Bybelse definisie van Liefde daar stel omdat dit ook sterk verdraai word. God is 'n heilige God wat duidelik instruksies vir ons gegee het en God van geregtigheid. Christus het gekom om ons te verlos van die Sondes, sodat ons nie meer in sondes lewe nie maar vry van die Sondes te wees. Ook het Johannes die Doper vir ons gesê van Christus as die Lam wat die Sondes van die wêreld sal neem. Dus moet ons nie toelaat dat hierdie mense kom en ons stil maak met selektiewe Bybel verse om ons stil te maak terwyl sondes in ons midde toeneem nie.


In beide die Ou en Nuwe Testament word ons duidelik die opdrag gegee om teregwysings te doen en ter welfde tyd as ons tereg gewys word op ons sondes, nederig genoeg te wees om dit te aanvaar, te bekeer en God vergifnes te vra instede om hardnekkig te wees en te sê, wie is jy om te oordeel, oordeel nie so dat jy nie geoordeel word nie en die wat ons tereg wys daadeur stil te maak nie. God verwag dat ons heilig moet wees en nie meer in sondes te lewe nie. Ook gereeld wat baie weens valse lering die ware Heilige Gees aansien vir Satan sodra die Heilige Gees ons aanspreek oor sondes en die Heilige Gees as Satan aan spreek deur te sê, Wyk van my Satan en ter selfde tyd die bose geeste aan sien as die Heilige Gees wat alles sal sê wat ons wil hoor van hoe wonderlik ons is en watter voorspoed ons gaan hê. Geen wonder dat die ware Heilige Gees nie meer in die Kerke is nie want Hy is uitgestoot en aangesien asof die Heilige Gees Satan is terwyl die Satan as die Heilige Gees aangesien word, dat sondes daardeur toeneem. Die Bybel het ons gewaarsku dat in die laaste dae baie van die ware Geloof sal wegdraai, die afval van die laaste dae. Mense laat ons nie die ware Heilige Gees wegdrywe nie, maar eerder laat ons die teregwysing en oortuiging van sondes deur die Heilige Gees toe sodat ons eerder kan wegdoen met die sondes.


Ook vlug weg van predikers wat slegs alles wat soos hulle noem slegs positief en opbouend instede om sondes aan te spreek en dissiplines toe te pas om te verseker dat ons heilig te lewe volgens die woord van die Here. Predikers wat strelende woorde spreek wat baie se ore wil hoor moet glad nie toegelaat word om te predik nie.

81 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page