top of page
Writer's pictureGideon Prinsloo

HERFORMINGSDAG


Dagse mense. Vandag is dit Herformingsdag. Baie mense gaan weer die sataniese dag, Halloween vier. Maar as Christene gaan ons hierdie dag verwerp omdat ons as gelowiges niks daarmee te doen moet he nie. Nou hoekom is hierdie dag vir ons so belangrik?


Eerstens moet ons onthou dat vir so duisent jaar was Wes Europa in n greep van die Middel Eeue gewees, onder Roomse Katolosisme onder die Pousdom. Bygelowe het geseevier en het vermeerde met meer tradisies. Daar was ook die aanbidding van die heiliges en net die vorige eeu was die Vagevuur geskep deur die pouse van daardie vorige eeu. Dit was ook die tyd toe die Bybel nie beskikbaar was vir die publiek nie en slegs in Latyns was, dus ontoeganklik vir die gewone mens.


Maar die Here het Martin Luther voorberei vir die Groot Herforming, met die doel om die Gelowiges te bevry van die greep van Roomse Katolosisme en die Pousdom sowel as van die bygelowe. Deel daarvan was om weer die Bybel te ontdek en weer beskikbaar te stel aan die mense. Hoe het dit gebeur? Martin Luther het die deel ontdek in romeine 1:17, naamlik dat die Gelowige deur die Geloof alleen sal lewe.


Dit was ook die tyd toe Pous Leo X Johann Tetzel gestuur het om aflaat briewe te verkoop met die leuen van as hul munte die skatkis bereik en klink, dat die siel van hul geliefde dan uit die vagevuur sal kom in die hemel in. Dit het Martin Luther sterk gestuit in sy siel en gees omdat hy geweet het dat dit loutere snert is. Dit het hom gedrywe om die 95 tesis op te trek en te pos aan die muur van Wittenburg in Duitsland. Die datum was 31 Oktober 1517 net meer as 500 jaar terug. Dit het gely tot groot verskuiwing.


Die kardinale het Von Eck gestuur om Martin Luther te konfronteer oor sy stellings en te probeer dwing om te heroep. Maar Martin Luther het sy standpunt baie goed verdedig teen die gesand van Rome af. Dit het gelei dat die Pous Martin Luther gekskomunikeer het. Hy en die mense om hom het uit protes uitgeloop teen die verwikkeling en teen die Pousdom, vandaar dat ons toe Protestante genoem word. Die Pous wou Luther laat verhoor in rome maar Frederick van Sakse het dit tee gestaan as Elektor van Sakse en wou gehad het dat Luther eerder in Duitsland verhoor word, wat gebeur het by die Diet van Worms.


Weereens was Martin Luther beveel deur die pouslike Gesag en die pous om te heroep, waarop Martin Luther die volgende geantwoord het, "Ek kan enigiets nie en sal nie, want om te gaan teen gewete is nie reg of veilig nie.Hier staan ek, ek kan niemand anders doen nie, so help my God. Amen. God skryf die Evangelie nie alleen in die Bybel nie, maar ook op bome en in die blomme en wolke en sterre.Selfs as ek geweet het dat môre die wêreld in stukkies sou gaan, sou ek nog steeds my appelboom plant. Dit het die grondslag van die Protestante Herforming gele plus ook Johann Guttenberg se Drukkers wat gehelp het om sy traktate vinniger te versprei en ook die Bybel in Duits te vertaal en te versprei.


Die resultaat was dat die Protestante Herforming soos veldbrand versprei het en nog meer Herformers op dieselfde tyd gelyktydig op die toeneel gekom het, naamlik Urich Zwingli, Willaim Tyndale, Johannes Calvyn en John Knox en vele meer wat gelei het dat die Protestante Herforming nie meer gestuit kan word nie. Dit het die geskiedenis geweldig sterk verander en ons as gelowiges bevry het/ dit het n groot invloed op ons kulture van Noord Europa gehad, naamlik die Protestante Christelike Geloof wat Dele van frankryk waar die Franse hugenote vandaan kom, Nederland, Duitsland, Engeland, Skotland en die Nordiese lande sowel as Switserland. Die gevolg was die Hollandse koloniste na die Kaap Kolonie sowel as die Maerikaanse kolonies van New Amsterdam en Delaware, die Engelse by Massachusetts, Rhode Island, New Hampshire en Conneticut waar die Puriteine gekom het, en Pennsylvania met die Quakers, Maryland, New Jersey, Virginia, Nort en South Carolina en Georgia en later New Amsterdam oorgeneem waar dit herdoop was na New York wat later die VSA gevorm het. Die franse Hugenote het na beide die Kaap Kolonie en die AMerikaanse Kolonies gevlug. Die Protestante Herforming het die Grondslag gele vir beide die AMerikaanse Kultuur en die Boere Kultuur.


Ons is weer in vandag se tyd waar ons weer n groot Protestante Herforming nodig het om die Kerk terug te lei na God se Woord en ter selfde tyd enige poging om ons as gelowiges terug te lei na Rooms Katolismes te vernietig en die byl teen die wortel teen die Liberalisme in die Kerk te le en Politieke Korrektheid te vernietig. Tot my volgende artikel, seeninge aan my mede Boer Volks genote


69 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page