top of page

KAPITALISME VS SOCIALISME (Bybelse Beginsels om Eiendoms Regte



In Sosialistiese lande en waar Liberales aan die bewind is word Eiendoms Regte veroordeel en ins baie sirkels van Liberale Predikers word die besit van privaat eiendom veroordeel en gepredik van hoe die regering alles moet beheer. Maar wat sê die Bybel daarvan. Is die Bybel daarvoor dat ons as mense deur ander mense oorheers moet word en beheer word deur die Regering. Kom ons kyk na die eerste klomp Skrifte hier.

Genesis 1:26 - 28.

26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. 28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.


Reeds sien ons dat die Here die mens na Sy beeld geskape het, dus om met God te wandel en om te heers oor die Aarde en oor die Skepping van God. Die mens is nie soos die Liberales en Liberale predikers ons probeer maak verstaan gelyk of selfs onder die diere of onderhorig aan die Aarde wat ook genoem word Moeder Aarde of Gaia nie. Dit is afgodery die. God het die mens in beheer van Sy skepping geplaas, om daaroor te heers, te bewerk en te onderwerp. Verder het God ook vir ons gesê dat ons vrugbaar moet wees en vermeerder. Dus is Bevolkingsbeheer absoluut onbybels en teen God se opdragte. Geboorte Beperkings is ook onbybels. Die Liberale Beleid het die westerse Wereld groot skade berokken waar die geboorte syfers van Blankes drasities af geneem het in stede daarvan dat ons moes vermeerder het soos die Here van ons verwag het. Sal ook later weer daarby kom oor God en Omgewings Aktiviste.


Hier is die volgende Bybel gedeeltes oor eiendoms regte.


In Eksodus 20:15, Jy mag nie steel nie, wat slegs sin sou maak as Eiendoms Regte bestaan. Ook in Eksodus 20:17 sê dit soos volg: 17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. Dit maak slegs sin as Eiendoms Regte van God af kom. Naamlik as Eiendoms Regte nie Bybels is nie, dan sou God ons nie beveel het dat ons nie ander mense se eiendomme mag begeer nie.


In Deuteronium 19:14 sê dit soos volg: 14 Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie. Ook in deuteronium 27:17 sê dit soos volg: 17 Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen. In Spreuke 22:28 sê dit soos volg: 28 Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie. en ook in Spreuke 23:10 & 11 sê dit soos volg: 10 Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie. 11 Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig. In die volgende Nuwe Testament dele praat ook ten gunste van privaat eiendom, Markus 10:9, Lukas 18:20; 19:8 en Romeine 13:9 waar Jesus Christus en Paulus baie sterk ten gunste van eiendoms regte praat en ook in 1 Korintiërs 6: 9 - 10 wat Paulus vir ons sê dat sulkes wat nie eiendoms regte respekteur nie glad nie die Konikryk van God binne sal kom nie.


In Efesiërs 4:28 sê dit soos volg: 28 Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het. Dus kan ons met veiligheid sê dat eiendomsregte van Private Eiendom van God af is en die afskaffings daarvan teen die Woord van die Here is. Kan ons n regering steun wat onteiening van grond sonder vergoeding doen volgens die Bybel? die antwoord volgens Deuteronium 8:14 en vele meer verse sê duidelik nee. Al begeer ander bevolkings groep dit, kan dit glad nie gebeur elfs in die naam van wat hulle noem gelykheid nie. Daar word baie valse getuienisse teen ons Boer Volk gelewer vir grond diefstal deur Blankes sonder bewyse net om ons grond van ons af weg te vat en God se Gebod oor die rus van grond na elke sewe jaar verontagsaam, wat lei tot grond erosies en skade aan grond. sal dit in my volgende deel ook hanteer oor hoekom die Unie van Suid afrika en die Nuwe Suid Afrika nie van God af is nie.

52 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page