top of page

KAPITALISME VS SOSIALISME


Daar is nog steeds van die wat hulle self voordoen as Christene wat glo dat Sosialisme deur God in gestel is en dat God teen Private Eiendom is en glo dat die Regring eienaarskap oor ons kinders het en ouers nie. Maar hulle het geen Skriftelike gronde daarvoor nie. Verdens neem hulle ook glad nie in ag die gevalle natuur van die mens, naamlik as 'n klein groepie mense alle mag het of abolute mag het, kom daar altyd maar altyd korrupsie voor. Ook kan ons nie in absolute regering wat totalitêre regerings is vertrou nie want dit bestaan nogsteeds uit mense. God het ons nie geskape om deur aner orrheers te word nie. Daar is baie wa glo dat God teen vryheid is en dat Hy ons van Vryheid wil stroop ter wille van ons eie bes wil. Die is valse leerstellings soos gemeng met Marxisme deur om los verse te verdraai uit konteks uit. Baie gebruik Handelinge 2:42 tot 47 en 4:32 tot 36 om Sosialisme te verdedig en leer dat die wat nie van hul individualiteit wil ontslae raak ter wille van kollektivisme deur die here in die poel van Vuur gewerp sal word.


Laat ons weer terug keer na die Bybel. Leer die Bybel dat die Regering die reg het om ons van ons Eiendom kan roof en Privaat Eiendom kan beëindig. Maar wat leer ie Bybel ons? Kom ons begin by die Tien Gebooie by die agste een wat sê, Jy mag nie steel nie, Eks 20:15. Die gebod sal glad nie kan sin maak sonder dat daar privaat eiendom is nie. Ook in Eks 20:17 wat sê dat jy nie jou naaste se goedere of eiendom mag begeer nie, wat ook nie sal sin maak as daar geen eiendoms regte is nie.


Verder is hier nog Skrifte hier ook wat Eiendoms Regte bevestig: In Deuteronium 19:14 sê dit soos volg: 14 Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie. Ook in deuteronium 27:17 sê dit soos volg: 17 Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen. In Spreuke 22:28 sê dit soos volg: 28 Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie. en ook in Spreuke 23:10 & 11 sê dit soos volg: 10 Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie. 11 Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig. Elkeen van hulle is in konteks wat duidelik Eiendoms Regte beskerm en ook in die Nuwe Testament deiselfde. Sal Deuteronium 23 ook in konteks stel om die Sosialiste verder te weerlê dat die gedeelte glad nie van Sosialisme praat nie en ook in Handelinge. Christus het nooit Privaat Eiendom af geskaf nie.


Kom ons kyk na Miga 2: 1 - 9: 1 Wee die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môrelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand. 2 Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die mens en sy erfdeel. 3 Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek bedink onheil teen hierdie geslag, waar julle jul nekke nie sal kan uittrek nie, en waarby julle nie regop sal kan loop nie; want dit sal ‘n tyd van onheil wees! 4 In dié dag sal hulle ‘n spotlied oor julle aanhef en ‘n klaaglied sing: Dit is gedaan—sal hulle sê—ons is heeltemal verwoes; die eiendom van my volk laat Hy van besitter verander. Hoe neem Hy dit van my af! Aan die afvalliges deel Hy ons velde uit. 5 Daarom sal daar vir jou niemand wees wat die meetsnoer werp in’n erfdeel in die vergadering van die HERE nie. 6 Moet nie profeteer nie! sê die valse profete. As ‘n mens hieroor nie mag profeteer nie, sal die beskimping nie ophou nie! 7 Mag dit gesê word, o huis van Jakob: Sou die HERE dan ongeduldig wees? Of is dit sy dade? Is my woorde nie vriendelik teenoor hom wat as opregte wandel nie? 8 Maar reeds vroeër het my volk vyandig opgetree. Julle pluk die mantel af, weg van die kleed van die wat in gerustheid verbygaan, wat afkerig is van oorlog. 9 Die vroue van my volk verdryf julle uit die huis wat hulle liefhet; van hulle kinders neem julle my sieraad weg in ewigheid.


Hier veroordeel die Here Sosialisme en Groot Regering baie sterk. die hoofstuk sal geen sin maak sonder dat Privaat eiendomme en die reg tot dit sin maak nie. Dit is omdat die Bybel ons leer van Privaat eiendom ook. Die Here verwys Regering wat ander mense se eiendomme roof deur middel van wetgewing. Dus Regring wat ander mense se eindomme vat of mens van hul eiendomme onteien. Onteiening deur die Regering is diefstal volgens die Woord van die Here. Dit is Sosialisme wat ook harde produktiewe werk ontmoedig en self bestraf en altyd lei na armoede.


In die Parlement besluit hulle om blanke Grond te vat en te herversprei, en dit bring God se oordeel op hulle nee waar die Here dieselfde as wat hulle teenoor ons as landburgers gedoen het te doen oor hulle mense van hul eiendomme ontneem. As on weer kyk na Miga 1, verwys dit juis na die Regering. Hoekom. In wie se hande is die mag? dit is in die hande van die Regering wat dit kan doen en ook doen. Dit is hulle wat met Sosialisme kom en alle eiendomme van die mense vat en die statst eiendomme maak. Alle produksie en alle besittings en alle kinders behoort aan die regering wat eiendomregte af skaf en ter selfde tyd ook huwelikke en gesinne afskaf om totale heerskapy te kan hê, absolute mag waar daar geen vryheid is nie en mense slawe van die Regering word wat dan God word. Sosialisme het ook baie meer mense vermoor om alle opposisie uit die weg te ruim om sodoende elke aspek van die mens te beheer. Christene wat glo in Sosialisme sal ook teen Vryheid praat en vryheid van Spraak praat.


Deur Sosialisme word gesinne opgebreek om mense meer afhanklik van die Regering te maak, waar vrouens uit huise verdrywe word deur middel van feminisme om nie meer na kinders om te sien nie maar in werk pleeke sodat die Staat die opvoeding van die kinders kan oor neem ter wille van indoktrinasie van ons kinders om te dink en glo soos die Sekularistiese Regerings wil hê hulle moet glo en daardeur word huisgesinne op gebreek en vernietig ter wille van Sosialisme sodat die Staat absolute heerskapy en beheer kan hê op elke persoon, waar ons nie meer vir ons self kan dink nie. Om Sosialisme deur te voer moet elk van die tien Gebooie verbrek word sowel as die ander wette van Moses. Volgens die Bybel dus het die Regering geen reg hoegenaam om ons van ons eiendomme te stroop en te onteien nie en ook het die banke en ander instellings nie die reg om ons in skuld te dompel nie om sodoende ons te stroop van ons eiendomme nie. die probleem met Sosialisme is dat die regerings altyd uit ander mense se geld raak en ander mense se geld opraak. Oorbelasiting is volgens die Bybel diefstal, Die Bybel leer ook in 2 Tessalonisense 2 dat hy wat nie wil werk nie ook nie mag eet nie

125 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page