top of page

KAPITALISME VS SOSIALISME DEEL 1

WAT sê DIE Bybel



Daar is so baie Predikers wat glo in kollektiwieteit en Sosialisme en ook predik teen Kapitalisme en eiendoms reg. Maar wat sê die Bybel in werklikheid daaroor? Kom ons kyk na paar Bybel Verse hier om die vraag uit die Weg te Ruim.


Hier plaas ons 'n gedeelte van Mattheus 25:13 - 30.

13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie. 14 Want dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou. 15 En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan. 16 En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin. 17 Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien. 18 Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek. 19 En ná ‘n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken. 20 En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien. 21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer. 22 En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien. 23 Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer. 24 En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie; 25 omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort. 26 Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie. 27 Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het. 28 Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het; 29 want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. 30 En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.


Hier het Jesus Christus inwerklikheid ten gunste van Kapitalisme gepraat, of te wel Vry Mark Stelsel. Wie was die een wat verdoem was in hierdie gelykenis? dit was nie die wat gewoeker het met die talente nie maar die een wat die talente wat aan hom gegee was begrawe het en niks gedoen het nie. Talente is die geld eenheid van Israel soos die Dollar van die VSA en die Rand vir Suid Afrika is. In die Sosialistiese weergawe sal dit so gaan, die diensknegte wat meer talente gemaak het deur daarmee te woeker sou gestraf gewees het en hul talente van hul af weg geneem word om dit te herversprei om gelyk te hê en die een wat vyf meer gemaak het sou in die duisternis gegooi word weens sy gierigheid. Maar nie in die ware Bybelse weergawe nie.


Ook in Spreuke 6:6 - 14 sê dit as volg

6 Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys! 7 Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, 8 maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd. 9 Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap? 10 Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande-vou om uit te rus! 11 So kom dan jou armoede soos ‘n rondloper en jou gebrek soos ‘n gewapende man. 12 ‘n Deugniet, ‘n kwaaddoener is hy wat met ‘n valse mond rondloop, 13 wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee; 14 in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.


In Sosialisme word die hard werkendes nie beloon nie maar gestraf terwyl die wat lui weg steek eerder daarvoor beloon word in die naam van regverdigheid, daardeur word harde produktiewe werk ontmoedig soos dit ook in Suid Afrika gebeur het. Is dit die plig van die Regering om om te sien na armes en hul welsyn? die antwoord is nee. die enigste plig is geregtigheid. Maar dit is die plig van ons as individue om na mekaar om te sien en op die been te help kom, nie om luiheid te versterk nie.


Wat sê die Bybel oor Eiendoms regte? Kom ons kyk na wat die Bybel sê.


Genesis 1:26 - 28:

26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. 28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.


Dit is die fondasie van Eiendoms Regte hier. God het ons geskape om te heers oor Sy skeppting en die aarde aan ons gegee. Ons was nie geskape om deur ander geheers te word nie, maar om deur die wet geregeer word. Kom ons kyk verder wat die Bybel sê:


In Exodus 20:15 - 17 sê dit as volg:

15 Jy mag nie steel nie. 16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. 17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.


Jy mag nie steel nie maak nie sin sonder dat ons eiendoms regte verstaan nie, veral die Tiende Gebod van jy mag nie jou naaste se huis begeer nie of enige iets wat aan jou naaste behoort nie. Ek gaan nog meer oor Bybelse beginsels oor Eiendoms Regte leer. Sosialisme respekteer glad nie die en breek al tien gebooie om sosialisme toe te pas, naamlik om ander gode te hê voor die aangesig van die Here, naamlik die Staat wat die God is en mense meer op die staat vertrou as op die Here. Hulle het ook Simbole van Die Staat om die bevolking te laat herinner wie in beheer is. Hulle misbruik en laster ook teen die naam van die Here, verbreek die Sabbatte deur om mense te roof van hul regte om te kan rus van hul arbeid en die wat lui is beloon. ook word die respek aan ouers ontmoedig, Staat steel van die mense deur om hul eiendom te onteien om sodoende staats eiendom te word en ook alle produksie te beheer. die staat pleeg ook moord om die eiendom te kan oor vat en ook egbreek word aangemoedig. Dit alles gegrond op die verbreking van die Tiende Gebod van jy mag nie jou naaste se eiendom begeer om te vat van hulle nie en deur valse getuies te lewer teen die wie se eiendom hulle wil vat.


Sosialisme is ook gebaseer dat jy sekere elites nodig het om oor ander te heers sonder om in ag te neem dat ons almal gevalle mense is. Sosialisme ontmoedig harde produktiewe werk en prestasie wat lei to groter armoede. Sal volgende in Deel 2 Praat oor Eiendoms Regte soos uit een gesit deur die Bybel.

32 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page