top of page

Lewe, Vryheid en die Strewe na Geluk


Is die Reg na Lewe, Vryheid en Strewe om Voorspoed van God af? Is dit Bybels? Kom ons gaan en kyk wat sê die Bybel. Voor ons daarby kom, moet ek herinner dat daar twee moderne volkere onstaan het as gevolg van hul verbonde aan God, naamlik die Vereenigde State van Amerika en ook die Boervolk wat gelei het na die Boere Republieke. Kom ons begin by punt nommer een, wat mooi uiteen gesit word in die deklarasie van Onafhanklikheid van die VSA wat ons ook sal herinner waar ons vandaan kom. Alle mense is God geskape en gelyk voor Hom. Eerstens het ons Boervolk en die Amerikaners geglo in een God bestaande uit drie persone maar een God, die Vader, Seun en Heilige Gees. In Johannes 14:6 sê Jesus Christus dat niemand na die Vader kom behalwe deur Hom nie, want Hy is die Weg, Waarheid en Lewe na God. Daardeur het Jesus Christus en sy heilige apostels ook bevestig wat die Here deur Moses gesê het dat daar geen ander gode is nie en daardeur Multi-kulturealisme weerlê. Dit is slegs die naam van Sy Seun wat God daar gestel het en dus dat geen ander gelowe mag inkom nie. In Deuteronium 6 lees ons dat daar net een God is en hoe ons Hom moet dien. Vers 4 gee die opsomming: 4 Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE.


Alle mense is geskape deur God en is gelyk voor Hom. Waar kom dit uit. Kom ons kyk na Genesis 1:26, God het die mens geskape na die Beeld van God en na Sy gelykenis om te heers oor Sy Skepping. Verder sien on ook in Jesaja 45:23 in konteks van Jesaja 45 het ons dit hier, 23 Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, ‘n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer. En dan weer in Filippense 2:10 & 11 lees ons: 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader. Eerstens weet ons dat niemand na vore gekom het deur middel van die Darwinistiese Ewolusie nie, maar geskape deur God na Sy Beeld toe God gesê het, laat ons mense na ons Beeld skep. God het nie met Sy engele gepraat nie, maar die Vader met die Seun en Heilige Gees soos ons ook reeds in Genesis 1:1 sien. Een God maar drie persone wat die een enkele God uitmaak, elkeen ten volle God. God het ons uniek geskape, anders as al die lwende wesens en dus unieke verhouding met God. Christus het gekom om ons te verlos van die Sondes, gekom vir die mens, nie die ander skeppings nie maar die Mens sodat ons nie meer onder die heerskapy van die sondes hoef te wees nie.


Nie net dit nie, God het ons ook die volgende regte gegee, wat dus beteken dat geen van ons regte van die Regering af kom nie maar van God af. Kom ons begin by elkeen, Lewe, Vryheid en Voorspoed. Het gister Vryheid behandel, vandag beskryf on elk kortliks en more by Lewe en dan volgende Strewe om Voorspoed.


Lewe. Reeds leer die Bybel wat die Amerikaners en ons Boervolk die heiligheid van die menslike lewe geleer het. Waar kom dit vandaan? In Levitikus 24:17 sien ons reeds die waarde wat God heg aan die lewe van die mens, 17 En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word. Ook in Genesis 9:5 & 6 lees ons soos volg, 5 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis. 6 Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak. Ook in Psalm 139:13 - 16 sien ons dat ook reeds word aborsies verbied deur die woord van die Here weens die waarde van die lewe van die mens, 13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. 14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. 15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. 16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. Selfs 'n dier wat 'n mens dood maak moet gedood word, al hou die Omgewings bewuste nie daarvan nie wat eerder die sogenaamde regte van Diere wil promiveer ten konste van die van die mens. Eerstens is die mens nie die indringer van die gebied van diere nie, want volgens Genesis en die ander vier boeke van Moses sowel as in die res van die Bybel is die Aarde geskape vir die mens en nie die diere nie en moet die mens heers oor die skepping. God het ons die Reg tot Lewe gegee.


Vryheid. In Lukas 4:18 lees ons sowel as in Johannes 8:32 - 36 dat die Here aan ons die reg gegee het tot Vryheid, waar die Here ons vry gemaak het soos Hy ook met Israel gedoen het sodat ons die Here kan dien en volg en vryheid van gewete het. Die regerings het geen regte om ons lewens weg te neem nie. Die Wette is daar gestel deur God in die Vyf Boeke van Moses om ons regte wat God ons gegee het te verseker en ook om die burgerlike regering in toom te hou. Ook om ons te kry om ons self te regeer deur die Gebooie van God en grense wat daar gestel is om ons regte te beskerm. Die volgende Reg, Strewe om Voorspoed.


In Psalm 16:11 sien ons ook dei belangrikheid van vreugde, vreugde in die Here volgens Ps 73:26 & 27, Ook in Mattheus 13:44 praat Jesus Christus oor die belangrikheid van ons vreugde. In Johannes 10:10 praat Jesus Christus daarvan dat Hy gekom het om ons Lewe te gee en dit in oorvloed. In Filippense 1:21 is Christus ons vreugde en in Filippense 3:8 lees ons soos volg: 8 Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry Ons brond van vreugde is in Christus en dus daardeur ook wat godsdiens vryheid deur die Woord van God gewaarborg word. Ook in Genesis 1: 28 sê dit 28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. God wil hê dat ons moet strewe na geluk en ook vrugbaar moet wees en vermeerder. Ook om die aarde te vul en te heers oor God se skepping. Dus geen Bybelse verse wat sê dat die aarde oor ons moet heers en of die skepping oor ons moet heers nie. Reeds in Genesis 1 sien ons hoe Sosialisme weerlê word sowel as deur Eksodus, Levitikus en Mummerie sowel as Deuteronium en die res van die Bybel. Sal more kyk na die reg om lewe en oor more na die Reg om die Strewe na geluk

82 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page