top of page

PSALM 105 IN KONTEKS



Daar word baie keer 'n versie of twee buite konteks aangehaal en verdraai om iets anders te sê as wat dit in konteks so gesê het. hoekom gebeur dit so baie? Dit gaan om beheer en manipulasie. Kom ons gaan en sit verse in konteks. In hierdie geval is dit Psalm 105:14 & 15 hier.


Kom ek plaas dit hier.:


14 het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: 15 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.


Op sig self lyk dit as of dit sê dat ons geen predikers mag aanvat of selfs toets of tot vervloeking laat kom nie omdat hulle die gesalfdes van God is, al verdraai hulle die Bybel en leer valse leerstellings. Dit is ook wat die Angus Bakhand aanhangers vir ons kom sê en dreig met God se oordele sodra ons durf waag om God se "gesalfde aanraak en dat ons liewers moet onself verootmoedig voordat God ons met Sy Toorn neer vel en dat ons alles moet glo wat hulle sê sonder om vrae te vra. Die vraag is, is dit wat daardie twee verse in werklikheid sê? Die antwoord is nee.

Kom ek plaas die hele Psalm 105 hier om die konteks hier te stel en om die verdraaing van die teks te weerlê.


Psalm 105

1 Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend. 2 Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders. 3 Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. 4 Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur. 5 Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond, 6 o nageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes! 7 Hy, die HERE, is onse God; oor die hele aarde is sy oordele. 8 Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte— 9 die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak; 10 wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as ‘n ewige verbond, 11 met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel. 12 Toe hulle min mense was, min en vreemdelinge daarin, 13 en hulle getrek het van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk, 14 het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: 15 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie. 16 En Hy het ‘n hongersnood oor die land geroep: elke staf van brood het Hy verbreek. 17 Hy het ‘n man voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop. 18 Hulle het sy voete in boeie geknel, hy self het in die ysters gekom, 19 tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die HERE hom beproef verklaar het. 20 Die koning het gestuur en hom losgemaak, die heerser van die volke, en hom losgelaat. 21 Hy het hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed; 22 om sy vorste te bind na sy begeerte, en aan sy oudstes moes hy wysheid leer. 23 Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam. 24 En Hy het sy volk baie vrugbaar gemaak en dit meer versterk as sy teëstanders. 25 Hy het hulle hart verander, om sy volk te haat, om listig teen sy knegte te handel. 26 Hy het Moses, sy kneg, gestuur en Aäron wat Hy uitgekies het. 27 Dié het onder hulle sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die land van Gam. 28 Hy het duisternis gestuur en dit donker gemaak; en hulle was teen sy woorde nie wederstrewig nie. 29 Hy het hulle waters verander in bloed en hulle visse laat sterwe. 30 Hulle land het gewemel van paddas, in die kamers van hulle konings. 31 Hy het gespreek, en daar het steekvlieë gekom, muskiete in hulle hele grondgebied. 32 Hy het hulle reëns hael gemaak, vuurvlamme in hulle land. 33 En Hy het hulle wingerdstok en hulle vyeboom geslaan en die bome van hulle grondgebied verbreek. 34 Hy het gespreek, en daar het sprinkane gekom en voetgangers sonder getal, 35 wat al die plante in hulle land opgeëet het, ja, opgeëet het die vrugte van hulle grond. 36 Hy het ook al die eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle krag. 37 Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie. 38 Egipte was bly toe hulle uittrek, want vrees vir hulle het op hulle geval. 39 Hy het ‘n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig. 40 Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood. 41 Hy het ‘n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke—’n rivier! 42 Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg. 43 En Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel. 44 En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem, 45 dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja!


Hier is die hel Psalm hier en hier kry ons geeltemal die teenoorgestelde verklaring en betekenis. Wie of wat is die geslafdes en wie is die profete hier? Volgens Psalm 105 is dit die volk Israel. Die hele Pslam handel oor Israel en hoe God Israel uit Egipte gelei het en hoe God sterk teen Egipte en enige ander nasie gewerk het wat teen Israel gegaan het. Hoekom is God so beskermend teenoor Israel? Dit handel oor die Verbond wat God met Abraham gehad het. Kom ons kyk na Genesis 12:1 - 3 om te sien waaroor die verbond oor gaan.


Genesis 12:1 - 3.

1 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. 2 En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. 3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.


Dit is die Verbond van God aan Abrham wat reeds bestaan het na die sondeval van die mens. eerstens sê God aan Abraham dat Hy van Abraham n groot nasie sal maak. Tweedens sê God dat Hy Abraham sal beskerm en elkeen wat Abraham skade wil aandoen of vervloek deur God vervloek sal wees, en elkeen wat Abraham seën wer deur God geseën sal word. Nou wat was die doel van God met Abraham se verbond gewees? Sodat alle nasies en geslagte van die Aarde in Abraham geseën sal wees, naamlik in Christus. die selfde verbond was oorgedra aan Isak en daarna aan Jakob en heraal deur Moses en deur die profete todat dit in vervulling gekom het in Christus deur wie ons alma gered kan word vanuit alle nasies. Noudat ons in Christus is in die Messias, het ons daardeur kinders van Abraham geword deur die Geloof in Christus Jesus.


Kom ons gaan kyk in 1 Petrus 2:9 & 10.

9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.


Israel was tot n heilige Priesterdom geroep deur God, heilige volk wat die here gedien het en Sy wonders aan die volkere moes verkondig van hoe die Here deur Israel werk. Die Here wou gehad het dat die ander volkere Die Here moes leer ken en weet dat die Here God is deur Israel. Net so ook ons wat gelowiges in Christus is dat ons so moet lwe dat ander volkere God deur ons kan leer, veral as Christen nasie of nasies deur on kultuur en wette, dus dat ons glad nie soos ander nasies kon wees nie.


Kom ons gaan en kyk wat sê 1 Johannes 2:23 - 29

23 Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie. 24 Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly. 25 En dit is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe. 26 Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei. 27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly. 28 En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie. 29 As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.


Volgens hierdie gedeelte soos Johannes die Apostel aan ons skrywe is dit duidelik dat ons gesalfdes is van die Here as gelowiges volgens 1 Johannes 2:27, dieselfde Salwing wat ons aangaande Go se wil ons sal leer. Dus het ons die salwing van die Heilige Gees ontvang en word gelei deur die Gees van God wat ons alles leer. Wat dit dus vir ons sê is dat dit nie maar slegs n klein groep manne en vrouens is wat groot predikers word en slegs hulle die gesalfdes is nie, maar elkeen van ons as Gelowiges in Christus. Dus het ons nie daardie sogenaamde groot Predikers soos Angus Bkahand hule nodig om die teenwoordigheid van die Here na ons te bring nie. Sal in my volgende skrywe praat oor die toets van predikers vanuit beide die Ou en nuwe Testament, moes eers die deel van Psalm 105 terug in konteks plaas.


Angus Bakhand en Benny Hinn en Kenneth Copeland en al daarie groot predikers wat insluit Joel Osteen en Joyce Meyer glad nie bo ons is nie eb glad nie bonatuurlike wesens is nie, maar slegs mense is net sos ons en hoef ons nie soos Leonidas van die spartane te kyk of hierdie sterwelinge kan bloei nie want ons weet dat hulle kan. Hulle is nie bo die enige toetsing verhewe nie maar ook onderhewig en kan verwerp word sodra hulle die Bybel weerspreek soos hulle met Psalm 105:14 en 15 gedoen het.


Angus Bakhand het verkies om eerder die Boervolk wat n verbond met die Here het uit te lewer aan die ANC leiers en kommuniste wat vyandig is teenoor God sonder om skaam te wees daaroor en eerder die Boervolk van rasimse en haat en verdeeldheid beskuldig sonder dat hy enige moeite gedoen het om te begryp waaroor die Gelofte gaan. Nie een van sy aanhangers vat hom aan nie want hulle is te vrek bang dat God hulle sal neer vel omdat hulle durf waag om die "gesalfdes"' aan te vat weens hierdie verse wat uit konteks verdraai word om hulle te bedrieg.


Hierdie groot predikers het die mense geroof van hul salwing in die Messias ter wile van gewing en ook geroof van die ware kennis van God, naamlik die volle Bybel net sodat hulle deur die mense vereer te word as die sogenaamde gesalfdes en dat hulle by die se massa vergaderings moet kom om net die Heilige Gees te onvang of te voel, Mense word wakker. Sodra jy in die Messias is, het jy reeds die Heilige Gees ontvang en het reeds die salwing, God het nie hierdie sogenaamde groot predikers nodig om dit vir Hom te doen nie. Wie gee hulle die reg om tussen God en die mense te staan? Jesus Christus is die enigste weg na die vaders, nie hierdie super predikers of mega predikers nie. Keer terug na Christus toe, lees die Bybel en spandeer meer tyd in gebed, die Heilige Gees sal jou lei om die Skrifte beter te verstaan.


Hierdie predikers as hulle werklik van God af is sou julle eerder togerus het om die Here te verkondig en Sy Woord toe te pas, om sout van die Aarde te wees en Lig tot die Wereld, maar hulle doen dit nie want hulle wil hê dat mense aan hulle moet hang as die super predikers en dus nie God eer nie maar slegs hulself



163 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page