top of page

VERSKIL TUSSEN REGSE EN LINKSE


Prediker 10:2

2 Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ‘n dwaas is na links.


Mattheus 25:32 - 46

32 en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; 33 en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit. 34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. 35 Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; 36 Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. 37 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? 38 En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? 39 En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? 40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. 41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. 42 Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. 43 Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie. 44 Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? 45 Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. 46 En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.


Vandag het ons twee kante van die Spektrum, naamlik die Regse en Linkse. Daar is geen middel Grond nie. Ons sien ook dat die Linkses genieg is om baie meer verbaal te wees en luidkeels is, weet nie wanneer om stil te wees nie. Die Linkses haat die Regses met n passie en beskuldig die Regses altyd, maar altyd van waaraan die Linkses aan skuldig is, naamlik haat, korrupsie, vrees en rasisme. Maar is dit so dat die Resgses of Konserwatiewes die groot haters is en die groot rasiste is en korrup? die antwoord is nee. Is Nationalisme verkeerd? Die antwoord is nee. Ook word die regses beskuldig dat hulle geen hart het nie en glad nie omgee vir die armees nie? Is dit werklik so? Die antwoord is weereens nee. Is dit so dat die Linkses altyd die is wat omgee vir minder bevooregtes? Die antwoord is weereens nee. Hulle sal dit slegs doen uit ander mense se geld uit en nooit maar nooit uit hul eie geld nie. Hulle gebruik die regering om geld van ander te vat om te herversprei en dan spog hoe liefde vol hulle is. Weereens lieg hulle.


Kom ons kyk eers na die Linkses of Liberales. Wat maak van n persoon n Liberaal of Linkse of Progresiewe persoon. Eerstens, glo die Linkses dat die regering die antwoord op alles is, dat ons as gewone mense glad nie op ons eie kan klaar kom sonder dat die regering ons help nie. Ook glo die Linkses dat ons lewens slegs georden sla kan wees sodra die regering in meng in ons lewens en ons lewens beheer deur regulasies. Ook glod ie Linkses dat ons nie nodig het om ons self te beskerm nie want die regering sal ons beskerm. Verdens glo die Linkses dat ons geen besluite op ons eie kan maak nie en dit aan die regering moet oorlaat om die lewens vir ons te reel. Hulle glo ook aan hoër belasting om gelykheid in inkomste te verkry, en die geld te her versprei onder die bevolking, sodat almal gelyk kan wees, dus gelykheid in uitkomste.


Verdens glo die wat Linkses is ook dat ons geen eiendoms regte mag hê nie, want anders gaan die wat minder het laat slegter voel en dus nie regverdig nie. Die Linkses glo glad nie aan kompitisie nie want dit gaan onregverdig wees. Die Linkses glo ook nie aan individualiteit nie maar in die kollektiwieteit ter will van gelykheid. Die Linkses neig altyd na Fassime, Sosialisme en Kommunisme, waar die Staat alles beheer en die produksie beheer. Hulle glo ook dat die regering ons opvoeding en Gesondheid moet beheer sowel as landbou. Die Linkses is ook afgunstig teenoor die wat het deur hul produktiewe harde werk, wat lei tot die begeer, valse beskuldiging, opbreek van gesinne, diefstal, moord, oneer aan ouers, afgodery en misbruik van die naam van God en rus weg vat van mense. Die Linkses glo glad nie aan individuele regte niemaar eerder dat ons ons regte moet prysgee aan die groter soewerein, naamlik aan die groot regering.


Die Linkses is altyd lief vir identiteits politiek, waar hulle altyd lief is vir ras, geslag en ander kaarte, waar hulle kom en die woord rasisme skep. Hulle kan glad nie floreer sonder dat daar die onderbokke is en dan waar die wat iets van hul lewe gemaak het as die misdadigers uitmaak. Ook word nie mand as boos uit gemaak en die vrouens as slagoffers met die doel om gesinne op te breek, want gesinne staan in die pad. Hulle promeveer ook homosexualisme en Lesbianisme sowel as Trangenderism ter selfde tyd, dus kulturele Marksisme. Hulle glo dat hulle alle opvoeding van kinders moet beheer om te indoktrineer. Verdens glo hierdie bitter bekke ook in wat hulle noem Blanke bevoor regting om ons skuldig te laat voel, met die doel om ons gesinne ook op te breek soos hulle met ander kleuriges gedoen het, als ter wille van absolute beheer. Radikale Linkses is altyd tiranies en wreed, waa mense lewens geen waarde het nie, dus ook pro-aborsie.


Wie het die apartheid in Suid Afrika geskep? dit was nie die Konserwatiewe Regse Boervolk nie, maar die Liberale engelse onder leiding van Cecil John Rhodes wat ook n moffie was en Lord Alfred Milner om sodoende onderklas te kan skep met die doel om die te gebruik om die Boervolk as die misdadigers te beskou. Ook land wat ons wettig bekom het, met die hulp van die Liberale Londonse Sending genootskap valslik te beskuldig dat ons grond gesteel het terwyl ons dit nie gedoen het nie. Generaal Jan Smuts was ook die grootste rasis gewees, maar hy was alles behalwe regs, hy was n radikale Linkse gewees. Die Linkses kan net eenvoudig nie ander mense uit los en toe laat dat hulle net hul eie lewe kan lewe en hul eie dinge te doen nie, dus ook teen self beskikking.


Nou wat en hoe definieer ons die Regses. Eerstens, ons as Regse mense is in die eerste plek private mense. Tweedens wil ons net uit gelos word waar ons ons eie lewe kan lei terwyl ons ander uit los om hul eie lewe te lei. Ons as regses glo in self onderhouding en glo in onsse Hemelse Vader en Christus. Ons as Regses glo in harde produktiewe werk, dat wat ons het moet ons verdien deur harde produktiewe werk deur middel van sweet. Ons glo baie sterk in gesins lewe en dat ouers hul eie kinders moet opvoed.


Verdens glo ons as Regses en is ons self onderhoudend. Dit wil sê dat ons nie hoef afhanklik te wees aan die Regering nie. Ons glo aan individuele regste en dat dit van God af kom, naamlik die Reg om Lewe, Vryheid en Strewe om Voorspoed. As Regses glo ons aan eiendomsreg. Ons as Regses glo dat almal gelyk is vor God in Sy oë, maar nie in gelykheid in uitkoms nie, maar eerder dat ons wat ons wil hê dat ons dit moet verdien deur harde produktiewe werk en dat ons nie sommer maar net die ons is geregtig om dinge sindroom nie.


As Regses glo ons dat ons Geloof baie belangrik is vir ons, naamlik die geloof in Christus. Verdens glo ons ook anders as Linkes dat daar goed is in elke mens, glo ons soos die Bybel ons leer dat daar niemand is wat goed is nie, maar slegs deur genade in Christus deur Geloof gered kan word, dus dat ons nie glo in die Staat dat die Staat alles beheer nie, maar glo in slegs klein beperkte regering met beperkte gesag omdat die mens veilbaar is. Ons wette is ook gemaak volgens die Wette van God in veral deuteronium en Exodus en Levitikus. Anders as Linkses glo ons as Regses glad nie in Demokrasie nie maar in die Republiek waar die Reël van die Reg belangrik is vir ons, waar die Wet seevier instede van gepeupel bewind waar die mederheid besluit wat hulle wil hê en hulle verkry dit, al beteken dit om eiendom van ander te vat.


Verdens glo ons on regses ook in die waarde van die lewens van mense en dat dit moet seevier bo die van diere, dus teen aborsies gekant en teen koelbloedige moord gekant. Ons glo ook in die reg van die dra en besit van vuurwapens om ons self te beskerm en ook wanneer nodig om militia te vorm om die vrye staat te beskerm teen eksterne vyande sowel as interne vyande wat ook kan insluit tiraniese regering. Verdens glo ons as regses ook dat die Klein beperkte regering nie bo die wet verhewe is nie en verwerp ook die Multi-kulturealsime. Ons glo ook dat ons slegs met ons eie lewe wil voort gaan en by ons eie sake bemoei instede om in ander se sake in te meng en dus so lankk as wat ons net uit gelos word deur andere dat ons andere ook sal uit los en respekteur ander se kulture solank as wat hulle ons kulture uitlos.


Ons as Regses glo ook in Kapitalisme of Vryemark Stelsel waar daar wel gekompiteer word en enoverendheid ontwikkel word en kreatiwieteit ook sterker na vore kan kom en dat ons klandisie moet verdien en dat die regering uit ons ekonomie moet bly. Ons glo en weet da Kapitalisme baie meer mense uit armoede gelig het terwyl Sosialisme, Fasisme en Kommunisme weer baie meer mense in armoede gedompel het. Deur Kapitalisme is n baie sterk Middel Klas ontwikkel waar armoede n baie klein getalletjie is terwyl onder progresiewe stelsel van Sosialsime, Fasisme en Kommunisme armoede weer baie groot is. Ons as Regses gee om vir die behoeftiges en help hulle baie graag om weer op die been te kom, deur dat ons van ons eie geld gebruik maak om dit te doen sonder om die Regering te gebruik om ander mense se geld te gebruik soos die Linkses lief is om te doen. Ons as Regses glo in Werks etiek, naamlik dat jy moet werk vir jou inkomste en dit wat jy wil hê, dus die wat nie wil werk nie ook nie mag eet nie. Ons glo dat die regering moet uit die welsyn ook moet bly en ook uit opvoeding uit.


Ons glo aan ouer regte en dat dit volgens die Bybel die ouers se plig is om ons kinders op te voed en nie die van die regering nie. Volgens ons as Regses is die enigste pli van die regering om Geregtigheid te handhaaf sowel as Wet en order, ons grense te beskerm sowel and Nationale Sekuriteit en wet enn Orde om ons God gegewe Regte te Beskerm en niks meer as dit nie. Ons as Regses speel glad nie rasse kaart nie maar glo eerder in die karrakter van die persoon, dus beïndruk garisma ons glad nie, want as jou karakter sleg is en jy rug graatloos is, vertrou ons as regses jou glad nie, terwyl garisma die Linkses altyd beïndruk en hulle agter so persone sal loop en net nooit niks verkeerd wil sien nie.


Ten Slotte, vir ons as Regses ook bekend as Konserwatiewes is feite vir ons baie belangrike as emosies, terwyl die Linkses feite haat en jou stil wil skree omdat hulle nie feite kan hanteer nie. As jy n konserwaitiewe will kwaad maak, lieg vir hom, maar as jy n Liberaal wil woedend wil hê, praat die waarheid. dit is hoekom die Linkses altyd safe spaces wil hê want hulle kan glad nie die waarheid hanteer nie. Daarom dat ons as Regses die Bybel as riglyn gebruik om die Grond Wet op te stel as hulp middel om die regering in toom te hou en wet en orde te handhaaf en regering in te perk, terwyl die Liberales meer en meer magte aan die regering wil gee. As Regses glo ons in absolute en absolute Waarheid terwyl die Linkses beide verwerp en glo eerder in die relativisme. Ons as regses glo ook ins die fisiese geslagte van slegs twee, naamlik man en vrou soos dit ook deur die Wetenskap bevestig word en in die tradisionele huwelik van tussen een man en een vrou in verbonds verhouding om nageslagte voort te bring, terwyl beide deur Linkses verwerp word. As Regses glo on in Nationalisme en verwerp Globalisme en dat soos dit in die Bybel gestel word dat God ons as verskillende nasies daar gestel het en ons grense vas gestel het, terwyl die Linkses ablbei verwerp en grense verwyderd wil hê ter wille van Globalisasie

67 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page